Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wet wat data dalk goedkoper kon maak, geskrap

Diensverskaffers, insluitend Telkom en Vodacom, het die besluit verwelkom dat ’n omstrede wysigingswetsontwerp oor elektroniese kommunikasie geskrap word.

Die wysigingswetsontwerp wat onttrek is wou voorsiening maak vir ’n groothandel-ooptoegang-netwerk, asook bepalings bevat rakende die toekenning van meer internetspektrum aan selfoonnetwerke.

Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, het die voorgestelde wysigingswet vandeesweek in ’n brief aan die parlement onttrek.

Die wysigingswet wou voorsiening maak vir ’n groothandel-ooptoegang-netwerk (“wholesale open-access network”, oftewel Woan) en het ook bepalings bevat rakende die toekenning van meer internetspektrum aan selfoonnetwerke.

Netwerke wag reeds jare op die toekenning van meer spektrum, wat onder meer slimfone se internetverbindings vinniger sal maak. Die meeste van die beskikbare spektrum sou egter deur die Woan in beslag geneem word.

Volgens die regering was die daarstelling van Woan veronderstel om mededinging in die mark vir selfoondata aan te wakker met die doel om die prys van data te verlaag.

Diensverskaffers se teenargument was dat Woan nie noodwendig die prys van data sou afbring nie, maar die beskikbaarheid van meer spektrum sou wel.

Die regering se mikpunte – om die prys van data te verlaag en ekonomiese transformasie te bespoedig – kan binne bestaande wetgewing plaasvind.
Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom

Ndabeni-Abrahams het die voorgestelde wysigingswetsontwerp verwerp en gevra dat sekere van die bepalings gewysig word.

Vodacom het die besluit verwelkom. Shameel Joosub, uitvoerende hoof, sê in ’n verklaring die regering se mikpunte – om die prys van data te verlaag en ekonomiese transformasie te bespoedig – kan binne bestaande wetgewing plaasvind.

“Ons voel bemoedig deur die minister se siening dat die private sektor ’n groter rol moet speel in die ontwikkeling van die telekommunikasiebedryf.”

Volgens Joosub staan Suid-Afrika op die drempel van 5G-tegnologie, maar bykomende spektrum is daarvoor nodig.

As meer spektrum beskikbaar gestel word, sal dit goedkoper wees om ’n megagreep data oor die netwerk te stuur, wat uiteindelik tot ’n verlaging in datakoste vir verbruikers sal lei.

Telkom het ook die besluit verwelkom en gesê dit gee die regering nou die kans om met die sektor in gesprek te tree en te besluit op volgende prioriteite.

Sou Woan ingestel word, sal daar ook behoorlike ooreenkomste met diensverskaffers aangegaan moet word omdat dit sover moontlik bestaande infrastruktuur moet gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.