Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp Call nou van jou rekenaar af

Met dié dat baie meer mense te midde van die Covid-19-pandemie van die huis af werk, skoolgaan en kuier, is die meeste mense al vertroud met Zoom en Teams, maar daar is nou nog ’n nuwe opsie.

Maak nou WhatsApp Call van enige plek in die huis.Foto: WhatsApp

Jy kan van jou rekenaar af ook oproepe maak met WhatsApp se bestaande web-app, maar vir eers net met een mens op ’n slag.

Die maatskappy sê op sy webwerf hy is opgewonde om private, veilige een-tot-een-stem- en later ook video-oproepe beskikbaar te stel.

WhatsApp sê oproepe maak het baie meer algemeen geraak sedert mense dit met data kan doen.

“Gedurende die afgelope jaar het ons aansienlike toenames gesien in mense wat mekaar op WhatsApp skakel, dikwels vir lang gesprekke. Verlede Oujaarsaand het ons die rekord gebreek vir die meeste oproepe wat al op een dag gemaak is met 1,4 miljard stem- en video-oproepe.

“Met so baie mense wat nie naby hul geliefdes is nie weens inperkings, en wat aanpas by nuwe werkswyses, wil ons hê dat gesprekke op WhatsApp so na as moontlik aan persoonlik voel, ongeag waar jy in die wêreld is of die tegnologie wat jy gebruik.”

WhatsApp sê die skuif is natuurlik.

“Om ’n groter skerm te antwoord, maak dit makliker om met kollegas saam te werk, om jou gesin duideliker te sien of maak jou hande vry om in ’n kamer rond te beweeg terwyl jy praat.

“Om lessenaaroproepe nuttiger te maak, het ons seker gemaak dat dit naatloos vir sowel vertikale as horisontale oriëntasie werk, dat dit in sy eie venster op jou rekenaarskerm verskyn, en dat dit altyd bo sal wees sodat jou nooit die videogesprekke kan verloor nie.”

Die nuwe metode word ook geënkripteer, soos die ander kanale.

Stem- en video-oproepe op WhatsApp word van punt tot punt gekodeer, wat beteken WhatsApp kan dit nie hoor of sien nie, ongeag of jy nou vanaf jou telefoon of rekenaar bel. “Ons begin met een-tot-een-oproepe op die WhatsApp-lessenaar-app, sodat ons seker maak dat ons jou ’n betroubare en hoëgehalte-ervaring kan bied. Ons sal die funksie in die toekoms uitbrei na groep- en video-oproepe.”

Kry hier meer inligting oor die app of laai dit vir Windows PC en Mac af.

Meer oor:  Whatsapp  |  Rekenaar  |  Skootrekenaar  |  Slimfone  |  Tegnologie  |  Kletsdiens  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.