Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp: Regering wil Facebook in bek ruk

WhatsApp moet eintlik amptelike toestemming kry om jou selfoonnommer en dié van jou kontakte met ander Facebook-maatskappye, insluitend Facebook self, te deel, reken die Informasiereguleerder van Suid-Afrika (IR).

Adv. Pansy Tlakula, voorsitter van die Informasiereguleerder. Foto: Elizabeth Sejake

Die reguleerder het in ’n verklaring te velde getrek teen WhatsApp se nuwe privaatheidstellings, wat gebruikers teen 15 Mei moet aanvaar indien hulle wil voortgaan om WhatsApp te gebruik.

Die privaatheidstellings is nou al maande lank in die nuus en het baie mense al genoop om Telegram, Slack of Signal as ander kitsboodskapdienste af te laai.

Die IR is die relatief nuwe owerheid wat die toepassing van die Wet op die Bevordering tot Toegang tot Inligting (bekend op sy Engelse afkorting, Paia) en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) monitor.

LEES OOK: Dís wat gebeur as jy nie WhatsApp-beleid aanvaar

Die IR het aan Facebook Suid-Afrika geskryf oor sy bekommernisse, waarvan kruistoegang tot die selfoonnommers op jou kontaklys die grootste is. Die IR reken Facebook moenie jóú toestemming vra nie, maar eers toestemming by die IR vra.

“Die IR het ook as ’n sentrale bekommernis geopper dat burgers van die Europese Unie (EU) heelwat beter beskerming van hul privaatheid geniet as mense in Suid-Afrika en die res van Afrika.

“Ons is baie bekommerd oor die ander standaarde wat op ons van toepassing is; ons wetgewing is baie soortgelyk aan dié van die EU. Dis doelbewus op daardie model gegrond aangesien dit aansienlik beter beskerming van persoonlike inligting bied as in ander jurisdiksies.

“Ons verstaan nie waarom Facebook die differensiasie tussen Europa en Afrika aanvaar het nie,” sê adv. Pansy Tlakula, voorsitter van die IR.

Tlakula sê die IR is bereid om met Facebook Suid-Afrika te praat om te verseker dat die WhatsApp-privaatheidsbeleid aan Popia en alle ander toepaslike internasionale reg voldoen.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Pansy Tlakula  |  Tegnologie  |  Apps  |  Sosiale Media  |  Kitsboodskapdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.