Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp gee jou meer tyd, maar nuwe beleid kom

WhatsApp verseker gebruikers dat hul private boodskappe altyd privaat en gekodeer sal bly en dat dié kitsboodskapdiens óf sy moedermaatskappy dit nooit sal kan lees nie.

WhatsApp sal jou herinner om na sy privaatheidsbeleid te kyk en te aanvaar. Foto: Unsplash

Hy het gesê hy gaan steeds voort om sy privaatheidsbeleid aan te pas, al het dit gebruikers wêreldwyd die skrik op die lyf gejaag en gelei tot allerhande fopnuus oor wat dit beteken.

WhatsApp, wat behoort aan Facebook, het Donderdag in sy jongste blog gesê hy sal voortgaan om die beleid aan te pas, en sy gebruikers daaraan begin herinner om die bepalings en voorwaardes te lees en te aanvaar. Hulle kan ook bykomende inligting daaroor hier lees.

Mense wat nie die voorwaardes aanvaar nie, sal uiteindelik nie kan voortgaan om WhatsApp te gebruik nie.

WhatsApp het gesê hy herinner net sy gebruikers weer daaraan dat hy nuwe maniere ontwikkel om met ’n onderneming op die kitsboodskapdiens te gesels of handel te dryf, wat heeltemal opsioneel is. Persoonlike boodskappe sal altyd van punt tot punt gekodeer word. WhatsApp kan dit dus nie lees of daarna luister nie.

Hy het gesê hy sal die inligting in die komende weke in ’n banier op die app vertoon.

Volgens Reuters kom WhatsApp se aankondiging kort nadat Facebook Donderdag aangekondig het dat hy alle nuusinhoud in Australië gaan blokkeer. Dit het ’n storm ontketen onder politici en uitgewers; en ’n senior Britse wetgewer het dit bestempel as ’n poging om ’n demokrasie te boelie.

Dis gedoen in reaksie op ’n voorgestelde Australiese wet wat van Facebook sal vereis om publikasies vir hul inhoud te betaal.

LEES OOK: Nuus verbied op Australiese Facebook 

Die kletsapp het in Januarie aangekondig dat hy met ’n nuwe privaatheidsbeleid besig is, wat insluit dat hy beperkte gebruikersdata met Facebook sal deel.

Duisende mense het besluit om na mededingende apps soos Telegram en Signal te skuif.

WhatsApp het toe besluit om die aanpassing van die beleid tot Mei uit te stel om die verandering te verduidelik en te beklemtoon dat die wysiging dit net vir verbruikers moontlik sal maak om boodskappe aan ondernemings te stuur, maar nie hul persoonlike gesprekke sal beïnvloed nie.

In Indië, die grootste gebruikersbasis van die kletsapp, moes Facebook-bestuurders – dae nadat die land se minister van tegnologie die kletsapp gevra het om dit terug te trek – die vrae van ’n parlementêre paneel oor die redes vir die veranderinge antwoord.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Tegnologie  |  Kletsapps  |  Sosiale Media  |  Kitsboodskapdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.