Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp-gogga se nek omgedraai
Krakers kon glo jou chaos op jou WhatsApp veroorsaak voor die fout reggestel is.

Facebook het ’n fout met WhatsApp reggestel waarmee kuberkrakers toegang tot gebruikers se rekeninge kon kry wanneer hulle ’n inkomende video-oproep beantwoord.

Die fout het sowel Android- as iOS-gebruikers geraak.

Natalie Silvanovich, ’n sekerheidsnavorser van Google, het die swak plek in Augustus ontdek, berig ZDNet.

Presiese besonderhede oor die fout is nog vaag, maar Silvanovich het ontdek dat ’n booswig teoreties ’n gebruiker se WhatsApp sou kon oorneem as die persoon ’n video-oproep van hom beantwoord.

Dit is nie duidelik of dit al gebeur het nie, maar Facebook het gesê hy het die fout vroeg in Oktober reggestel.

Die maatskappy het nie op ’n versoek om verdere kommentaar gereageer nie.

Dié jongste terugslag vir Facebook kom skaars ’n week nadat die maatskappy moes erken dat byna 50 miljoen gebruikers se inligting weens ’n afsonderlike veiligheidsprobleem blootgestel is.

Lees ook: Facebook: Is ek gekraak? Wat moet ek weet?

Kuberkrakers het ’n swak plek in die sosiale netwerk se “View As”-funksie gemanipuleer om toegang tot gebruikers se inligting te kry.

Vroeër die jaar was Facebook ook gewikkel in ’n skandaal oor die omstrede konsultasiefirma Cambridge Analytica, wat in die aanloop tot die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2016 nagenoeg 87 miljoen gebruikers se inligting op ’n onvanpaste wyse bekom het.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Kuberkrakers  |  Tegnologie  |  Kletsapps  |  Kuberaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.