Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp, Instagram en Facebook gee oral probleme
WhatsApp is die wêreld se gewildste kletsdiens. Facebook besit WhatsApp.

Nee, dit is nie net jy nie.

Facebook, Instagram en WhatsApp het Sondag wêreldwyd probleme gegee met gebruikers wat nie toegang tot die platforms kon kry nie. 

Al drie platforms, wat aan Facebook behoort, het vroeg Sondagmiddag ophou werk. Gebruikers ervaar konneksieprobleme met boodskappe wat nie gestuur of ontvang kan word nie. Facebook se Messenger-diens het ook probleme gegee. 

Die probleem blyk ook nie tot ’n spesifieke gebied beperk te wees nie met gebruikers van oor die wêreld heen wat op Twitter daaroor gekla het.  

Instagram het sporadies nog gewerk hoewel Facebook heeltemal vanlyn was. WhatsApp wou ook geen boodskappe stuur nie. 

Facebook, Instagram en WhatsApp was ook verlede maand etlike ure vanlyn ná ’n "stelselfout". 

Op die webwerf downdetector.com het gebruikers geskryf probleme met die sosiale netwerke word so wyd as Kanada, Malta, Thailand en Brasilië ervaar. 

Teen Sondag 14:00 (Suid-Afrikaanse tyd) was die platforms skynbaar weer aanlyn, hoewel sporadiese probleme steeds ervaar word.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Instagram  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.