Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp plaas perk op aanstuur van boodskappe

WhatsApp het verdere beperkings ingestel op die aantal kere wat gebruikers ’n boodskap kan aanstuur.

Wees versigtig wat jy oor sosiale media deel - die verspreiding van fopnuus oor Covid-19 is onwettig.

Dit word gedoen in ’n poging om die verspreiding van fopnuus tydens die Covid-19-pandemie hok te slaan, sê die kletsdiens, wat aan Facebook behoort, in ’n verklaring.

Enige boodskap wat binne WhatsApp aangestuur is, word reeds met twee pyltjies aangedui.

Voorheen kon ’n gebruiker daardie boodskap ook gelyktydig aan klomp van sy kontakte aanstuur. WhatsApp het nou ’n stokkie daarvoor gesteek.

’n Boodskap wat reeds aangestuur is, kan net na nog een persoon op ’n slag aangestuur word.

Jy kan dit weer na nog ’n persoon of groep aanstuur, maar dit kan nie op een slag gebeur nie.

WhatsApp het voorheen die aanstuur van ’n boodskap tot vyf persone of groepe beperk.

Dié besluit kom in reaksie op die vinnige verspreiding van fopnuus in Indië, waar dit grootskaalse geweld veroorsaak het.

Die perk van vyf het tot ’n drastiese afname in die verspreiding van fopnuus gelei, sê WhatsApp in ’n verklaring.

Nou hoop die kletsdiens om dit verder te beperk deur die aanstuur van boodskappe tot net een persoon of groep op ’n slag te beperk.

Die verspreiding van fopnuus oor Covid-19 is teen die wet en oortreders kan swaar beboet of selfs tronkstraf opgelê word.

’n 54-jarige sakeman van Kaapstad het Dinsdag in die landdroshof verskyn nadat hy oor die naweek ’n video gemaak het waarin hy mense aanraai om hulle nie vir die koronavirus te laat toets nie.

Dié video is wyd op sosiale media gedeel.

Hy word nou aangekla van die oortreding van die Wet op Rampbestuur.

WhatsApp wil wel nie die aanstuur van boodskappe heeltemal keer nie. Die kletsdiens sê hy besef ook waardevolle en akkurate inligting sowel as bemoedigende woorde en gebede word in hierdie tyd tussen vriende en kennisse aangestuur.

Daarom word die aanstuur van boodskappe steeds toegelaat, maar net aan een persoon op ’n slag.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Inperking  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Koronavirus  |  Sosiale Media  |  Kitsboodskapdiens  |  Staat Van Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.