Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp raak donker – só kan jy dit kry

Die donker modus, oftewel “dark mode”, is reeds ’n geruime tyd ’n gonswoord in die tegnologiebedryf.

En nou kan jy uiteindelik een van die gewildste apps van alle tye ook ’n donker voorkoms gee pleks van die bestaande ligte voorkoms.

WhatsApp het pas dié funksie by die jongste weergawe van sy app vir Apple- en Android-toestelle ingesluit.

Gebruikers wag reeds maande lank op hierdie funksionaliteit, wat glo talle voordele inhou.

Eerstens verminder ’n donker skerm spanning op jou oë, veral in toestande waar daar min lig is, soos ’n donker slaapkamer.

Dit sal ook help in situasies soos byvoorbeeld in ’n fliekteater as jy vinnig na ’n boodskap wil loer sonder om almal rondom jou met die lig van jou selfoonskerm te pla.

Facebook, wat WhatsApp besit, het besluit om met die donker modus van die app eerder op grys en wit te fokus.

’n Woordvoerder van die maatskappy het aan The Verge gesê hul studies het bevind dat wit teks teen ’n pikswart agtergrond steeds stremming op die oë veroorsaak.

“Daarom sal gebruikers sien WhatsApp in donker modus is eerder ’n spesifieke grys skakering, en die teks in afwit. Dit verlaag die helderheid van die skerm en verbeter leesbaarheid.”

Daar gaan wel ’n verskil wees tussen hoe die nuwe donker modus op Apple- en Android-fone vertoon.

WhatsApp op Android gaan ’n ligter grys wees teenoor Apple s’n wat meer neig na donkergrys, amper swart.

’n Voorbeeld van hoe WhatsApp in donker modus op ’n iPhone lyk. Foto: 9to5Mac
Hoe kry ek dit?

Om die donker modus in WhatsApp te aktiveer, moet jy die jongste weergawe van die app vir jou Android- of Apple-foon van die betrokke app-winkel aflaai.

Die nuwe weergawe was teen Woensdagoggend reeds vir Apple-toestelle beskikbaar, maar skynbaar nog nie vir Android nie. Dit sal na verwagting binne die volgende paar dae sy verskyning maak.

Sodra jy die nuwe weergawe van WhatsApp afgelaai het, gaan as volg te werk:

Op ’n iPhone: WhatsApp se donker modus is gekoppel aan jou foon s’n. Met ander woorde gaan na jou foon se verstellings, dan na “Display & Brightness” en kies “Dark”.

Jou hele foon se agtergrond gaan van swart-op-wit na wit-op-swart verander, insluitende WhatsApp.

Op ’n Android-foon: Binne WhatsApp, gaan na die app se verstellings, kies “Chats” en dan “Themes”. Die opsie om die donker modus te aktiveer, sal daar verskyn.

Instagram en Facebook se Messenger het albei reeds ’n opsie vir donker modus. Daar is nog geen aanduiding of die Facebook-app self ook binnekort hierdie opsie gaan aanbied nie.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.