Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp sal $50 000 betaal om fopnuus te keer
WhatsApp is die wêreld se gewildste kletsdiens. Foto: Unsplash

WhatsApp is so keelvol vir die verspreiding van fopnuus op dié kletsdiens dat hy bereid is om $50 000 te betaal aan enigiemand wat met ’n haalbare oplossing vorendag kan kom om dit te keer.

Facebook, die maatskappy wat WhatsApp besit, sê in ’n verklaring hy is bereid om navorsers te beloon wat belang stel om die probleem van waninligting te bekamp.

“Ons sal enige voorstel vanuit ’n sosiaal-wetenskaplike of tegnologiese perspektief ernstig oorweeg wat ons kan help om die probleem beter te verstaan,” sê die maatskappy.

Dit kom nadat die Indiese regering WhatsApp skerp gekritiseer het nadat verskeie mense vermoor is deurdat vals nuus oor hulle versprei is.

Inwoners in Indië se mees afgeleë gebiede, waarvan verskeie eers onlangs hul eerste foon gekry het, ontvang sulke vals boodskappe oor hul bure of nuwelinge in die omgewing.

Oor die laaste ses weke is verskeie mense wreedaardig vermoor nadat hulle sonder enige bewyse van mensehandel beskuldig is.

Die Indiese regering het WhatsApp gevra om ’n oplossing te vind.

Die kletsdiens sit egter met die hande in die hare en het geen benul hoe om die verspreiding van vals nuus permanent hok te slaan nie.

Daarom vra die maatskappy die publiek om vorendag te kom met hul beste voorstelle waarvoor hulle ruim vergoed sal word.

Meer oor:  Whatsapp  |  Facebook  |  Fopnuus  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.