Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp sonder foon dalk kort voor lank moontlik

Jy sal moontlik kort voor lank nie eens ’n foon nodig hê om WhatsApp te kan gebruik nie.

WhatsApp se nuwe funksie sal dit moontlik maak om die program te gebruik sonder dat dit aan jou selfoon gekoppel is. Foto: Unsplash

Aanvanklik was WhatsApp ’n selfoon-app, wat later na rekenaars uitgebrei het. Nou is die maatskappy besig om ’n nuwe funksie te toets waarmee gebruikers boodskappe sal kan stuur en ontvang sonder dat ’n foon nodig is.

Op die oomblik is WhatsApp gekoppel aan ’n gebruiker se telefoonnommer en dus aan hul selfoon. Die programme wat dit moontlik maak om dit op ’n rekenaar te gebruik, vereis dat die selfoon aan is en die boodskappe word steeds deur die selfoon ontvang.

Die nuwe funksie sal gebruikers egter toelaat om boodskappe te stuur en te ontvang “al is jou foon se battery dood”, sê Facebook in sy jongste blog. Facebook besit WhatsApp.

Tot vier ander toestelle – soos rekenaars en tablette – sal tegelykertyd gebruik kan word.

Die funksie sal eers in ’n beta-toets deur ’n klein groepie gebruikers getoets en verbeter word voordat dit aan almal beskikbaar gestel word.

Punt-tot-punt-enkripsie sal steeds plaasvind, sê Facebook.

Die sowat 2 miljard WhatsApp-gebruikers versoek al lank so ’n funksie.

Facebook se ingenieurs sê in die blog daar sal opnuut gekyk moet word na WhatsApp se sagteware om hierdie funksie moontlik te maak.

“Dit is omdat die huidige weergawe ’n slimfoon-app as die primêre toestel gebruik, wat beteken die foon is die enkele stoorplek of verwysingspunt vir alle WhatsApp-data en die enigste toestel wat punt-tot-punt-enkripsie vir ’n ander gebruiker kan doen en oproepe kan inisieer,” sê die maatskappy.

WhatsApp Web en ander nie-slimfoon-apps is tans eintlik net ’n “spieël” van wat op die foon gebeur.

Hierdie stelsel het sy nadele, soos dat die web-app gereeld diskonnekteer van die foon.

“Die nuwe WhatsApp-multitoestelsagteware verwyder hierdie hindernisse. Die slimfoon is nie meer die enkele verwysingspunt vir alle data nie en alle data (oor verskillende toestelle heen) word naatloos gesinchroniseer en privaat gehou,” lui die blog.

Die maatskappy noem ook dat sommige verbruikers se rekening tydelik gesluit is omdat hulle moontlik ’n nie-ondersteunde weergawe van WhatsApp gebruik in plaas van die amptelike WhatsApp-app.

“As jy nie na die amptelike app oorskakel nadat jou rekening tydelik gesluit is nie, kan jou rekening permanent gesluit word,” luidens die blog.

“Nie-ondersteunde programme, soos WhatsApp Plus en GB WhatsApp, is onwettige weergawes van WhatsApp. Hierdie nie-amptelike programme word deur derde partye ontwikkel en oortree ons diensvoorwaardes. WhatsApp ondersteun nie hierdie derdeparty-programme nie, want ons kan nie hul sekerheidspraktyke waarborg nie,” lui die blog.

Meer oor:  Whatsapp  |  Sosiale Media  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.