Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
WhatsApp wil skermgrepe van gesprekke keer

WhatsApp wil glo ’n stokkie daarvoor steek dat iemand sommerso ’n skermgreep van ’n gesprek kan maak.

WhatsApp
WhatsApp toets 'n funksie waarmee jy mense kan fnuik wat 'n skermgreep van jul gesprek op die kletsdiens kan maak. Foto: Argief

Luidens WABetaInfo, ’n nuusdiens oor WhatsApp-aangeleenthede, is dié nuwe veiligheidsmaatreël deel van die kletsdiens se volgehoue planne om gebruikers se privaatheid te beskerm.

WhatsApp word daagliks deur meer as ’n miljard mense gebruik.

Gebruikers wat graag wil keer dat ’n skermgreep van gesprekke geneem kan word, sal as bykomende maatreël ook ’n vingerafdruk moet verskaf ten einde toegang tot die platform te kry.

Dié twee funksies gaan hand aand hand. Sodra jy die vereiste aanskakel om ’n vingerafdruk te verskaf, kan skermgrepe nie meer gemaak word van enige van jou gesprekke nie.

Hierdie nuwe funksie word nog getoets, berig WABetaInfo.

Dit is nog onbekend wanneer dit aan die publiek beskikbaar gestel gaan word.

Meer oor:  Whatsapp  |  Kletsapps  |  App  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.