Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Woordverwerker-pionier sterf op 93

Evelyn Berezin, wat die eerste gerekenariseerde woordverwerker ontwerp het, is Saterdag in die ouderdom van 93 in New York oorlede.

Limfoomkanker is by Berezin gediagnoseer, maar sy wou nie behandeling daarvoor ondergaan nie, berig The New York Times.

Berezin was ’n pionier in die rekenaarwêreld, waarby vroue nie juis betrokke was nie.

Sy het in 1969 die eerste gerekenariseerde woordverwerker ontwerp en was ook die stigter en president van die Redactron Corporation, die eerste tegnologiemaatskappy wat uitsluitlik by die vervaardiging en die bemarking daarvan betrokke was.

As Berezin nie die voortou in innovasie geneem het nie, sou daar nie ’n Bill Gates, Steve Jobs of internet bestaan het nie, meen die Britse skrywer en entrepreneur Gwyn Headly.

Computerhistory het in geskiedenisboeke gaan rondsnuffel en vasgestel dat Berezin in 1976 deur die tydskrif BusinessWeek as een van Amerika se top-100 sakevroue aangewys.

Wat dié prestasie nog meer uitsonderlik maak, is dat Berezin die enigste sakevrou in die top-100 was wat ook aan die stuur van ’n tegnologiese maatskappy was.

The Washington Post berig dat Berezin voor haar sukses met die wêreld se eerste woordverwerker ook verantwoordelik was vir die ontwikkeling van rekenaarstelsels vir onder meer banke, lugdienste en aandelebeurse.


Meer oor:  New York  |  Kanker  |  Rekenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.