Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wys nou die vinger vir WhatsApp
Ouer weergawes van WhatsApp is kwesbaar vir spoenasieware. Foto: Argief

Android-gebruikers sal nou ook voortaan hul vingerafdruk kan gebruik om WhatsApp te ontsluit.

Dit sal bykomende sekuriteit bied sodat enigiemand nie sommerso toegang tot jou WhatsApp-gesprekke kan kry nie.

Die funksie is reeds geruime tyd op iPhone beskikbaar.

WhatsApp het op sy korporatiewe blog bevestig dat “sommige” Android-toestelle nou dié funksionaliteit bied.

Gebruikers sal kan kies of hul WhatsApp outomaties ná een minuut of 30 minute sluit waarna ’n geregistreerde vingerafdruk nodig sal wees om dit te ontsluit.

Met ’n iPhone kan gesigsherkenningstegnologie ook gebruik word om WhatsApp te ontsluit.

Die gebruik van gesigsherkenningstegnologie om WhatsApp te ontsluit is vir eers nie beskikbaar op Android-toestelle nie, sê die maatskappy.

Die skuif kom kort nadat WhatsApp bevestig het hy dagvaar ’n Israeliese maatskappy wat na bewering indringerware gebruik het om op 1 400 WhatsApp-gebruikers te spioeneer.

NSO, ’n omstrede firma wat indringerware skep en smous aan internasionale organisasies, ontken dat hy toegang tot gebruikers se boodskappe gekry het deur hul WhatsApp-rekeninge te kraak.

Meer oor:  Android  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Sosiale Media  |  Privaatheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.