Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
YouTube ‘baie gewilder as Netflix, Showmax’
As Suid-Afrikaners na aanlyn video’s kyk, is dit waarskynlik op YouTube. Foto: Getty Images

Vinniger en goedkoper internetverbindings dryf Suid-Afrikaners in hul derduisende na aanlyn stromingsplatforms, spesifiek YouTube.

Volgens Rachel Thompson, direkteur van insig by die marknavorsingsfirma Gfk South Africa, kyk nege uit tien Suid-Afrikaners wat aan die internet verbind is op ’n gereelde grondslag na video’s op YouTube.

Dit is verreweg die gewildste stromingsplatform in die land, ondanks die teenwoordigheid van groot mededingers in die bedryf soos Netflix en Showmax.

Altesaam 86% van Suid-Afrikaners met ’n internetverbinding kyk gereeld na gratis video’s op YouTube, terwyl net 45% vir videostromingsdienste soos Netflix of Showmax betaal, wys Gfk se navorsing.

“Kykers het nou toegang tot ’n wye reeks gratis en betaalinhoud aanlyn,” sê Thompson.

Die dae van na tradisionele televisiekanale kyk, is ook getel aangesien kykers bereid is om ’n “beduidende deel” van hul besteebare inkomste aan stromingsdienste te bestee.

Dis egter nog te vroeg om die doodsklok vir tradisionele televisie te lui, omdat stromingsdienste bykomende infrastruktuur benodig waartoe heelparty mense nog nie toegang het nie.

Dit sluit in toegang tot bekostigbare en vinnige internet, sowel as toestelle waarop daar na digitale video gekyk kan word.

Interessant genoeg gebruik 99% van mense wat aanlyn na video kyk, steeds tradisionele televisiedienste ook, het Gfk se navorsing bevind.

Jonger Suid-Afrikaners, oftewel 18% van deelnemers aan Gfk se peiling, verkies aanlyn videodienste bo tradisionele televisie. Hulle beskou “TV kyk” as enigiets waarna op ’n TV gekyk word, hetsy ’n video op YouTube of ’n program op een van die SAUK se kanale.

Diegene wat wel gereeld na video’s op YouTube kyk, gebruik almal verskillende toestelle. 38% kyk daarna op ’n slimfoon; 39% op ’n rekenaar; 16% op ’n tablet en die res op ’n slim-televisie.

“Mense wat elke dag YouTube kyk, is meer geneig om in huishoudings met ’n hoër inkomste te woon met toegang tot ’n verskeidenheid toestelle.”

Volgens Thompson is die groei van aanlyn video iets wat die uitsaaiwese kort voor lank op sy kop gaan keer.

Meer oor:  Youtube  |  Netflix  |  Showmax  |  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.