Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
YouTube kry eie diens wat musiek stroom
’n Man kyk na ’n video op YouTube op sy tablet.Foto: Pexels

Benewens Spotify, Apple Music, Google Music, Deezer, Joox en ander kan gebruikers nou uitsien na nóg ’n musiekstromingsdiens.

YouTube het Woensdag aangekondig YouTube Music maak volgende week sy buiging, hoewel dit nie onmiddellik in Suid-Afrika beskikbaar gaan wees nie.

Dié musiekstromingsdiens, wat op 22 Mei in onder meer Amerika, Australië en Nieu-Seeland beskikbaar gaan wees, sal speellyste bied op grond van jou kykgewoontes op YouTube, sê die platform in ’n verklaring op sy blog.

’n Algoritme gaan jou YouTube-geskiedenis nagaan en patrone identifiseer in die tipe musiek waarvan jy hou.

Terselfdertyd gaan die maatskappy ook ’n premiumweergawe van sy YouTube Red-videodiens bekend stel met meer eksklusiewe inhoud.

Volgens die verklaring gaan YouTube Music op ’n soortgelyke wyse as Deezer en Spotify sake doen en ’n gratis opsie met advertensies bied. Daarsonder kos dit $9,99 per maand.

Vir $2 per maand meer sal gebruikers ook toegang kry tot sy premiumvideodiens waar hulle oorspronklike televisieprogramme en ander video’s sal kan kyk.

Lees ook: Watter musiekstromingsdiens moet ek kies?

Benewens Amerika, Australië en Nieu-Seeland word YouTube Music volgende week ook in Suid-Korea en Mexiko bekend gestel.

Verskeie ander lande sal daarna volg, onder meer Oostenryk, Kanada, Rusland en Spanje. Dis nog nie duidelik wanneer Suid-Afrikaners toegang gaan kry nie.

Die maatskappy het ook nie verklap hoeveel liedjies op sy platform beskikbaar gaan wees nie.

Meer oor:  Spotify  |  Youtube  |  Apple Music  |  Joox  |  Musiek  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.