Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
YouTube se premium diens nou ook in SA
YouTube se premium diens vir musiek en video is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar. Foto: Unsplash

Asof Apple Music, Spotify, Deezer, Tidal en Google Music nie genoeg opsies is nie, het Suid-Afrikaners nou ook toegang tot nóg ’n musiekstromingsdiens.

YouTube Music is nou ook hier beskikbaar, maar bied nie veel om dit van bestaande dienste te onderskei nie.

Trouens, YouTube Music is geïntegreer met Google Music, wat beteken gebruikers van albei dienste het toegang tot dieselfde liedjiebiblioteek.

YouTube Music kos boonop ook dieselfde as Google Music teen net minder as R60 per maand. ’n Familiepakket, wat tot ses mense toegang gee, is ook teen R90 beskikbaar.

Google, wat sowel Google Music as YouTube Music besit, het in Februarie 2018 aangekondig hy beplan om sy betaalde weergawe van YouTube na meer as 100 lande uit te brei.

Saam met Suid-Afrika het Indië ook vandeesweek toegang tot die diens verkry.

Dié land, met sy meer as 1,3 miljard inwoners, beleef tans ’n massiewe toename in mense wat inteken op musiekstromingsdienste.

Dié tendens word aangehits deur ’n skerp daling in die prys van data en slimfone wat ook al goedkoper word.

Lees ook: Watter musiekstromingsdiens moet ek kies?

YouTube Premium ook beskikbaar

Saam met YouTube Music kry Suid-Afrikaners nou ook toegang tot ’n afgewaterde weergawe van YouTube Premium.

Dit is YouTube se antwoord op ’n stromingsdiens soos Netflix met eksklusiewe inhoud wat nie aan ander gebruikers beskikbaar is nie.

Dit sluit in YouTube se oorspronklike reekse soos die wetenskapsfiksie Origin en die animasiereeks Sherwood.

Sommige reekse en flieks is wel nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Benewens die oorspronklike inhoud verwyder ’n premium-intekening alle advertensies op die platform.

YouTube Premium kos R72 per maand en sluit ook toegang tot YouTube Music in.

’n Familiepakket vir tot ses lede kos R110 per maand.

YouTube bied ’n gratis toetstyd van drie maande vir sowel YouTube Premium as YouTube Music.

Meer oor:  Youtube  |  Google  |  Internet  |  Video  |  Stromingsdienste  |  Musiekstromingsdienste  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.