Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
YouTube Shorts van Woensdag ook in SA te kry

YouTube Shorts, kort video’s soortgelyk aan TikTok, kan nou ook in Suid-Afrika op dié kanaal gelaai word.

YouTube Shorts is op 14 Julie vir Suid-Afrikaners beskikbaar. Foto: YouTube

Die maatskappy het bekend gemaak dat die beta-weergawe van YouTube Shorts van 14 Julie hier beskikbaar is.

Die nuwe app laat gebruikers toe om treffende kort video’s op hul selfoon te skep.

YouTube het Shorts in September 2020 in 26 lande bekend gestel en geleidelik in meer lande geaktiveer. Dit is nou in meer as 100 lande beskikbaar.

Kyk gerus na die verduideliking oor hoe om Shorts te gebruik.


Hoewel kort video’s reeds op die platform gesien kon word, sal gebruikers in Suid-Afrika vir die eerste keer toegang hê tot Shorts se skeppingsinstrumente, wat ’n multisegment-kamera insluit om verskeie videogrepe saam te snoer, die vermoë om met musiek op te neem, die beheer van spoedinstellings en baie meer.

Gebruikers het ook die vermoë om die klank van ander video’s te gebruik, maar ook van video’s elders op YouTube, wat natuurlik miljarde video’s wêreldwyd insluit. Dit skep ’n nuwe speelveld van kreatiwiteit soos nog nooit tevore nie.

Skeppers sal beheer hê en kan besluit of hulle hul langformaat-video wil laat meng of nié.

Onder die nuwe funksies van Shorts is:

  • Jy kan teks by spesifieke punte in ’n video invoeg.
  • Jy kan outomaties onderskrifte by Shorts invoeg.
  • Jy kan tot 60 sekondes met die Shorts-kamera opneem.
  • Jy kan snitte uit die galery van jou foon byvoeg by opnames wat met die Shorts-kamera gemaak is.
  • Jy kan basiese filters gebruik om jou Shorts-skeppings se kleur te korrigeer, met nog effekte wat in die toekoms sal bykom.

Om mense te help om Shots te ontdek en te geniet, het YouTube ’n reeks op die tuisblad spesiaal vir Shorts bekend gestel.

Daar is ook ’n nuwe kykervaring waarmee jy maklik vertikaal van die een video na die volgende kan blaai.

’n Shorts-oortjie is op mobiele toestelle bygevoeg.

Die YouTube Shorts-speler het reeds wêreldwyd 6,5 miljard daaglikse kykers.

Shorts sal geïntegreer word in die YouTube-ervaring wat gebruikers al ken.

As gebruikers byvoorbeeld ’n deel van ’n liedjie op Shorts hoor, kan hulle die volledige liedjie maklik vind, die musiekvideo kyk of meer oor die kunstenaar leer, alles op YouTube.

Die afgelope drie jaar het die maatskappy meer as $30 miljard aan skeppers, kunstenaars en mediamaatskappye betaal.

Aangesien Shorts ’n nuwe manier is om op YouTube te kyk en te skep, het die maatskappy verskillende maniere ondersoek om met Shorts geld te verdien en skeppers te beloon vir hul inhoud, insluitend die onlangs aangekondigde YouTube Shorts Fund, ’n fonds van $100 miljoen wat gedurende die loop van 2021-’22 betaal gaan word.

Meer oor:  Youtube  |  Sosiale Media  |  Tegnologie  |  Internet  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.