Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
7 wyntendense wat 2018 gaan kenmerk
Vonkelwyn en rosé gaan in 2018 aanhou opgang maak, volgens ’n Amerikaanse wynskrywer. Foto: Pixabay

Baie wynproduserende lande was tog te dankbaar om 2017 te groet.

Dit was ’n jaar van ryp, hael, droogte en brande, met die hele Europa, Chili en Kalifornië in die VSA wat deur dié rampe geteister is. Plaaslik, in die Wes-Kaap, duur ’n droogte steeds voort wat wynproduksie ook kan verminder.

Hier is van die tendense wat die Bloomberg-wynrubriekskrywer Elin McCoy identifiseer:

1. Rosé gaan steeds gewilder word

Roséwyn se verkope het in 2017 in Amerika met 57% gestyg. Rosé-sider en pienk jenewer is ook besig om pos te vat.

2. Groter bottels gaan groot wees

Magnum-bottels en ander supergroot bottels word al hoe gewilder. Volgens die Britse wynkleinhandelaar Majestic het verkope daarvan in 2017 met 378% gestyg. Alles van Franse sjampanje tot whisky word nou in groot bottels verkoop.

3. Spaanse wyn gaan aftrek kry

Baie streke is volgens McCoy pas “ontdek”– Georgië, Madeira en Kroasië. Die wêreld se aptyt vir wyne uit Chili en Australië neem ook toe.

“Maar ek voorspel dat ons op die punt staan om Spanje te herontdek.

Roséwyn se verkope het in 2017 in Amerika met 57% gestyg. Rosé-sider en pienk jenewer is ook besig om pos te vat.

“Bewyse uit die populêre kultuur? Rachel Lindsay, ster van die werklikheidsreeks The Bachelorette, het haar finale vryers na die ‘romantiese’ Rioja-wynstreek in Spanje geneem vir wynproe in ou grotte, druiwetrap en ’n helikoptertoer van wingerde.”

4. Klimaatsverandering verander die wynlandskap

Volgens McCoy dwing warmer weer wynmakers om meer ekovriendelike wynpraktyke te oorweeg en ook om met nuwe druifvariëteite te eksperimenteer.

Dit herskep ook die geografiese wynlandskap. Die geleidelike verhitting van Japan se noordelikste eiland, Hokkaido, lei daartoe dat dié gebied al hoe meer ’n ideale wynproduserende streek begin word.

5. Al hoe meer wyn gaan aanlyn gekoop word

Die grootste rede waarom wyn aanlyn nog sukkel, is die duur afleweringskoste daarvan. In Amerika word dit ook aan bande gelê deur komplekse regulasies oor drankverkope, wat die aflewering van wyn van ander state as jou tuisstaat (en dus ook van oorsee) bemoeilik. ’n Nuwe app, Vivino, gaan dalk dié situasie verander omdat dit wyn van plaaslike wynhandelaars sal verskeep.

In China het JD.com, die tweede grootste e-handelaar in die land, ’n afleweringsdiens vir luukse goedere soos horlosies en juweliersware met koeriers in swart pakke en wit handskoene. Dié diens gaan vanjaar ook wyn begin aflewer.

6. Vonkelwyn gaan aanhou bruis

Van Franse sjampanje tot Italiaanse prosecco bly gewild, maar Franse crémants gaan ook vanjaar gewilder word. Crémant verwys na méthode cap classique-wyne wat in die Alsace-streek in die noordooste van Frankryk gemaak word, op dieselfde metode as in die Champagne-streek. Verouderde vonkelwyn gaan volgens McCoy ook gewilder word onder kieskeurige verbruikers.

7. Luukse wynproe-ervarings gaan toeneem

“Die beknopte wynproevertrek is nou heeltemal passé. Die nuwe manier van wynproe gaan oor spesiale ervarings en plekke – byvoorbeeld as jy in ’n deftige Bordeaux-château woon of net nadat jy druiwe gepluk het in Boergondië of spiesvisjag in Nieu-Seeland gedoen het.”

8. Meer robotte in wingerde

“Wanneer die Rothschild-familie van Château Mouton-Rothschild en Château Clerc Milon in luukse robotte belê wat geprogrammeer is om onkruid tussen wingerde uit te trek, weet jy die idee is by ’n waterskeiding.”

McCoy sê robotte word ook elders gebruik om wingerde se temperatuur na te gaan.

– Bloomberg, verkort en verwerk

Meer oor:  Wyn  |  Champagne  |  Vonkelwyn  |  Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.