Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Malixole Gwatyu: Wolboere stel voorbeeld met transformasie
Hierdie artikel het oorspronklik in isiXhosa verskyn in die Oos-Kaapse uitgawe van die LandbouBurger. Die isiXhosa-weergawe word hieronder gepubliseer.
Die regering wil hê hy en die landbou moet hande vat. Malixole Gwatyu skryf die ontwikkelingswerk in die Oos-Kaapse wolbedryf kan dien as voorbeeld vir hoe hierdie samewerking in die toekoms kan lyk. Foto: Theuns Botha

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf betree ’n nuwe fase – veral wat betref die regering se ondersteuning en beleid rakende sy plig om vir die bedryf ’n klimaat te skep waarbinne hy kan gedy.

Vir baie boere (produsente) is dit niks nuuts nie. Die regering se rondspringery oor grondeienaarskap, die herverdeling van grond en gebrek aan gefokusde ondersteuning vir kleinboere kom al baie lank aan.

Die regering se jongste fokus word grotendeels deur die Nasionale Ontwikkelingsplan uitgebeeld, wat daartoe gelei het dat daar deesdae oor die “herlewing van landbou” (revitalisation of agriculture) in landboukringe gepraat word (van regeringskant af). 

Die term “herlewing” kan dalk verskillend verstaan word deur verskeie rolspelers binne en buite die bedryf. Daar is egter geen twyfel nie dat die landboudbedryf op ’n tydstip die trots van die land was. 

Hoewel terme soos “herlewing” goed op papier lyk, is dit tog iets wat reeds in sekere kringe van die bedryf plaasvind. Die “revolusie” in die wolbedryf in die Oos-Kaap die afgelope dekade en meer is so ’n voorbeeld.

Hoewel dit nie altyd duidelik is of die regering en die private sektor dieselfde taal praat as dit by trans-formasie kom nie, staan die voorbeeld van die wolbedryf as getuigskrif van ’n wen-wen-situasie.

Die pogings van die Wolkwekersvereniging in die provinsie om kleinboere te help om die gehalte en hoeveelheid van hul wol (en dus ook hul lewe) te verbeter, is ’n goeie voorbeeld van hoe “herlewing” ’n verskil kan maak danksy rolspelers wat hande gevat het. 

Lees ook: ​Tonne wol, sybokhaar kom van nuwe boere

Die maatskaplike impak van hierdie inisiatief vanuit die wolbedryf het nie net betrekking op voedselsekerheid vir die betrokke gemeenskappe nie, maar dit stel hulle ook in staat gestel om die lewens van hul kinders te verbeter. 

Daar is meer as 19 000 kommunale kleinboere in die land, waarvan die meeste in die Oos-Kaap is. Gedurend die 2012-13-seisoen het die wolbedryf sowat R2,7 miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra.

Hoewel dit nie altyd duidelik is of die regering en die private sektor dieselfde taal praat as dit by transformasie kom nie, staan die voorbeeld van die wolbedryf as getuigskrif van ’n wen-wen-situasie. 

Wat landboutransformasie in die algemeen betref, kan die regering nie aanhou om geld in ’n bodemlose put te gooi nie. 

Transformasie hoef nie die grootste doelwit te wees nie, maar dit moet meebring dat die sektor daardeur versterk word en dat diegene wat bereid en toegewyd is tot sukses van die bedryf, nie buite gelaat word nie.

Dalk het Bheki Cele, adjunkminister van die departement van landbou, bosbou en visserye, ’n punt beet gehad toe hy onlangs in ’n vergadering van die African Farmer’s Association of South Africa, waar die gebrek aan transformasie in Suid-Afrikaanse landbou geweldig onder skoot gekom het, gesê het: “Suid-Afrikaners sal moet besluit of die eienaarskap van wildreservate belangriker is as om voedsel te produseer vir die miljoene landgenote wat honger gaan slaap.”

uRulumente ufuna sibambisane

Ulimo lwaseMzantsi Afrika lungena kwisigaba esitsha, ukuba kungenjalo amaxesha angenasiqinisekiso malunga nenkqubo karulumente kunye nenkxaso ephathelele ekudaleni imeko elungele abavelisi ngobubanzi. Amafama amaninzi kudala imeko injena, ukungabikho kwesiqinisekisi ngobunikazi bomhlaba, ulwabiwo lomhlaba kunye nokungabikho kwenkxaso egxile ekuncedeni amafama asakhulayo:

Ukugxila okutsha kukarulumente, nokuqulathwe kwiNational Development Plan (Vision 2030), luthetha ngovuselelo lolimo. Oluvuselelo luthetha izinto ezahlukeneyo kubantu abahlunekeyo nabanenxaxheba kulimo.

Ayithandabuzwa into yokuba ulimo lalufudula ludlala indima ebaluleke kakhulu.

Ngelixa amagama afana ‘’novuselelo’’ abonakala emahle ngenene ngenene uvuselelo sekusenzeka kwezin ye iindawo, umzekelo ubonakala kuvuselelo loboya eMpuma Koloni.

Imizamo yombutho yamafama oboya, iWool Growers Association yase Mpuma Koloni yokuxhasa nokunceda amafama asakhasayo kufuneka iqhwatyelwe izandla njengomzekelo omhle wokuvuselela.

Eliphulo lenza umahluko omkhulu eluntwini, hayi nje ngokubonelela ngokhuselelo lokutya, kodwa nangokwenza ngcono ubomi babantwana.

Uboya bufake iR2.7billion kuqoqosho lwaseMzantsi Afrika kunyaka ka2012/13.

Angamawaka aneshumi elinesithoba amafama oboya kweli, noninzi lwawo luseMpuma Koloni.

Nangona ingacaci kakuhle into yokuba urulumente kunye namashishini angasese bathetha ulwimi olufanayo ngokuphathelele kumaphulo enguquko kwezolimo – imizamo yokuphuhlisa elicandelo lolimo ibonisa into yokuba amaqela omabini ajongwe yinzuzo efanayo.

Urulumente akanokuthi gqolo eqhubekeka nokufaka imali kube kungekho nto ayizuzayo ekugqibeleni.

Ngokuqinisa ulimo loboya kufuneka kuthethe into yokuba kuhanjwe nabo bazimisele nabazinikele ekwenzeni izinto zisebenze khonukuze ilizwe lizuze. Akukazeki ukuba ingaba urulumente ujonge ukugxininisa kweyiphina na kukho uguquko nokuba kutheni okanye uguquko oluvuselelayo.

Umnu. Bheki Cele, usekela mphathiswa wezolimo, ethetha kwindibano yabalimi abasakhulayo uthe ilusizi into yokucotha okanye ukungabonakali kwenguquko kwelicandelo lamafama: “Ekugqibeleni thina singabantu baseMzantsi Afrika kufuneka sithathe isigqibo sokuba ingaba ukuba nendawo ebekelwe ukufuya nokugcina izilwanyane zasendle lkubaluleke ngaphezu kokondla abantu abazizigidi ezingamashumoi amathathu nabalala bengatyanga.”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.