Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Plaaswerkers se minimum loon styg met 7,7%
’n Plaaswerker neem ’n blaaskans langs ’n mielieland op die plaas Hopefield in die distrik Bothaville. Foto: Vida Booysen

Die minimum loon vir plaaswerkers styg op 1 Maart met 7,7% tot R2 606,78 per maand – die laaste verhoging in ’n program van drie jaar waarop die minister van arbeid, Mildred Oliphant, in 2012 begin het.

“Dis in ooreenstmeming met die raamwerk waarop drie jaar gelede ooreengekom is ná die skerp verhoging van 51%,” het Elize van der Westhuizen, senior bestuurder arbeidsverhoudinge van AgriSA oor die verhoging gesê.

Destyds is ooreengekom dat die minimumloon vir plaaswerkers vir drie jaar elke jaar op grond van die inflasiekoers in November in die vorige jaar sal wees.

“Die volgende uitdaging is die nasionale minimum loon, wat die regering nou ondersoek. As Cosatu se eis toegestaan word dat die loon op R4 500 per maand vasgestel moet word, gaan dit verreikende gevolge hê vir die landbou en vir elke ander bedryf in die land,” het Van der Westhuizen gesê.

Die nuwe minimum loon vir plaaswerkers kan weekliks, daagliks of uurliks bereken word. Die nuwe weeklikse minimum is R601,61, die daaglikse minimum is R120,32 en die uurlikse minimum is R13,37.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.