Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
PMF
Roofdier-vriendelike vleis: Woolies moet fyn trap
Woolworths se aankondiging dat hy 'roofdier-vriendelike lam' wil verkoop, het boere se wenkbroue laat lig. Hulle sê verbruikers moet die ander kant van die munt ook bekyk.
Fred Mouton, Die Burger, 23 April.
Verbruikers moet ook kennis neem van die wreedhede waaraan lewende hawe blootgestel word wanneer hulle deur roofdiere aangeval word...
Harry Prinsloo

“As Woolworths roofdiervriendelike vleis in sy winkels wil verkoop, is dit belangrik om die begrip goed te definieer.

“Hy behoort ook behoorlike en deursigtige ouditstelsels te kry sodat die oorsprong van die produk nagespeur kan word.”

Aan die woord is Harry Prinsloo, voorsitter van die Predasiebestuursforum (PMF).

Lees ook: ​Woolworths soek skaapvleis wat roofdiervriendelik is

Die PMF verteenwoordig die Rooivleisprodusenteorganisasie, die Nasionale Wolkwekersvereniging, die Suid-Afrikaanse Bokhaarkwekersvereniging en Wild SA.

Prinsloo het benadruk dat die kode vir beste praktyke vir roofdierbestuur ontwikkel is om boere aan te moedig om vleis volgens die omgewingsvriendelikste metodes te produseer.

“Die kode verbied uitdruklik die gebruik van gif as ’n beheermetode.”

Volgens Prinsloo het die PMF reeds prof. Graham Kearly van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit aangewys om ’n omvattende wetenskaplike opname oor die tekortkominge in predasiebestuur te identifiseer.

Die departemente van landbou, bosbou en visserye en van omgewingsake het R1,33 miljoen hiervoor bewillig, terwyl die wolbedryf R500 000 en die bokhaarbedryf R150 000 beskikbaar gestel het.

“Dit is ’n bewys dat die lewendehawe-bedrywe ernstig is om wetenskaplike oplossings vir die probleem te vind,” meen Prinsloo.

Hy sê Woolworths het ook R60 000 vir Kearly se navorsing bewillig en het na bewering ’n verdere R4,7 miljoen aan nieregeringsinstansies beskikbaar gestel om roofdiervriendelike vleis vir die groep te verkry.

Produsente

Prinsloo het daarop gewys dat produsente ook die verantwoordelikheid het om hul vee so ver moontlik teen siektes, droogtes, rampe én roofdiere te beskerm.

“Verbruikers moet ook kennis neem van die wreedhede waaraan lewende hawe blootgestel word wanneer hulle deur roofdiere aangeval word en die pyn en lyding wat dit veroorsaak.”

Prinsloo meen daar is ander maniere om ’n produk te bevorder wat sal verseker dat produsente nie nadelig geraak word nie.

Dit sluit omgewingsvriendelike produksiemetodes in wat kan help om rooivleis se koolstofspoor te verminder.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.