Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Afrika-perdesiekte hiér aangemeld

Nadat vyf perde op ’n plaas in die Cederberg-distrik gevrek het, het toetse getoon dat minstens een aan Afrika-perdesiekte gely het.

Die Wes-Kaapse veeartsenylaboratorium het nou ’n voorlopige gebied afgebaken om die verspreiding van die gevreesde siekte onder die perdefamilie te bekamp.

Donkies, perde en sebras mag in en uit dié gebied vervoer word mits ’n permit deur die Wes-Kaapse departement van landbou se veeartsenydienste uitgereik is.

Inligting, vorms en permitte

Vorms en aansoeke vir permitte kan gestuur word na info@myhorse.org.za.

Kontak dr. Chanel Lombard, staatsveearts verantwoordelik vir die Cederberg-munisipaliteit en die beheergebied, by 027 213 3106 of by chanelL@elsenburg.com.

Grense van die beheergebied

  • Oos: Grens tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap.
  • Wes: Atlantiese Oseaan
  • Noord: Bestaande grens in die Noord-Kaap wat reeds geld vir Afrika-perdesiekte.
  • Suid: Suidelike grens van die Cederberg-munisipaliteit.

Afrika-perdesiekte: die feite

Die siekte is endemies aan Afrika.

Dis ’n virus wat die perdefamilie tref en hoewel nie-aansteeklik, word dit deur muggies oorgedra. Die muggies (Culicoides) kom gedurende die laatsomer en herfs voor en is veral baie aktief tussen skemer en sonsopkoms.

Simptome sluit in skade aan die longe, koors, skuim om die neusgate en verlies aan aptyt.

Daar is nege serotipes (virustipes) van die siekte en al nege kom in Suid-Afrika voor. Vrektes onder die diere en troppe kan baie hoog wees, afhangend van die virustipe. In sommige gevalle vrek die diere baie vinnig en kan die vrektes tot 90% onder troppe wees.

Meer oor:  Clanwilliam  |  Cederberge  |  Donkies  |  Perde  |  Perdesiekte  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.