Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Afrika-perdesiekte steek kop uit in Gauteng

Weens gevalle van Afrika-perdesiekte (APS) wat in Gauteng en Mpumalanga aangemeld is, maan die departement van landbou, bosbou en visserye perde-eienaars in die noorde van die land om waaksaam te wees.

APS is ’n seisoenale virus wat deur insekte versprei word en is dodelik vir veral perde, donkies en muile. Die siekte beskadig die dier se asemhaling- en bloedsomloopstelsel en gaan gepaard met koors en ’n verlies aan aptyt.

Luidens ’n verklaring wat Vrydag deur die departement uitgereik is, is die siekte endemies aan die grootste deel van die land, behalwe vir ’n gebied in die Wes-Kaap.

“Ongelukkig word uitbrekings van APS vanaf November tot Mei verwag, en dit bereik gewoonlik ’n hoogtepunt vanaf Februarie tot April, na gelang van die reënval en die temperatuur.”

Volgens die departement is gevalle van die siekte die afgelope twee maande in Gauteng en Mpumalanga aangemeld.

Volgens die departement is gevalle van die siekte die afgelope twee maande in Gauteng en Mpumalanga aangemeld.

“Die departement werk saam met die perdebedryf om voorkomingsmaatreëls gereed te kry in gebiede waar APS voorkom,” lui die verklaring.

Die departement moedig perde-eienaars aan om hul plaaslike staatsveearts te kontak om seker te maak of beperkings ingestel is wat die vervoer en beweging van perde in ’n sekere gebied betref.

“Dit is van die uiterste belang om gevalle van APS aan die plaaslike staatsveearts aan te meld sodat ingeligte besluite geneem kan word oor die beweging en vervoer van perde in die APS-gebiede.”

Luidens die verklaring word diere-eienaars wetlik verplig om alle moontlike stappe te doen om te verseker dat hul diere nie siektes oordra aan ander diere nie. “Die vervoer van perde met die siekte kan die risiko verhoog dat ander perde aangesteek word. Die vervoer van siek perde moet dus beperk word.”

Perde-eienaars word ook aangemoedig om te verseker dat hul diere teen die siekte ingeënt is.

Die departement gee die volgende wenke:

• Afrika-perdesiekte word deur die Culicoides-muggies versprei wat in vogtige of modderige plekke uitbroei. Probeer om alle moontlike broeiplekke uit te roei deur ontslae te raak van poele of stilstaande water.

• Moenie perde vroegoggend laat wei voordat die dou op die gras opgedroog het nie.

• Laat jou perde binne die stalle bly twee uur voor sononder en minstens twee uur ná sonsopkoms.

• Behandel jou perde en stalle spesifiek teen die Culicoides-muggies.

• Maak seker jou perde is ingeënt teen APS.

Meer oor:  Sa  |  Perde  |  Wenk  |  Perdesiekte  |  Afrika-Perdesiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.