Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Afstel van veilings ’n boetebosdoring vir wolbedryf

Suid-Afrika se wolbedryf sit skielik met ’n yslike boetebosdoring nadat wolveilings wat in Port Elizabeth sou plaasvind, in die nadraai van die uitbreking van bek-en-klousiekte afgestel is.

Die nuus dat die seisoen se eerste wolveilings in die nadraai van die uitbreking van bek-en-klousiekte afgestel is, is vir baie wolboere ’n groot slag ná die droogtes en brande. Hierdie merinoramme van Konsortium Merino van Dombietersfontein by Victoria-Wes wys die wolskape en wol is gesond. Die probleem behoort net tydelik te wees, sê die NWKV. Foto: Charles Smith

Herman Archer, voorsitter van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat, sê die veilings wat vandeesweek en volgende week in Port Elizabeth sou plaasvind, is gekanselleer omdat die Suid-Afrikaanse wol-en-bokhaarkopersvereniging (Sawamba), wat wol op die veilings koop, hom onttrek het.

“Dit gaan alles oor ’n kontantvloeiprobleem omdat die kopers eers hul geld kry as die wol China bereik. Dit kan tot vier maande duur.”

Hy sê die uitbreek van bek-en-klouseer begin vanjaar begin nou ná ses maande sy tande wys.

Die nege kopers wat tot Sawamba behoort, het wel die afgelope ses maande wol op die veilings gekoop, maar het nie geld ingekry nie omdat hulle nie die wol kon uitvoer nie. Nuwe voorwaardes vereis nou onder meer dat die wol 120 dae teen 4 °C of vier weke teen 18 °C gestoor word voordat dit uitgevoer mag word.

China koop meer as 70% van Suid-Afrika se wol.

Paul Lynch, voorsitter van Sawamba, sê hul Chinese kliënte is nie bereid om die risiko te beloop om wol te koop en dit eers sowat vyf maande, wat ’n ekstra maand insluit om die wol te verskeep, daarna te ontvang nie.

China koop meer as 70% van Suid-Afrika se wol.

Die kontantvloeiprobleem en verlengde proses weens die virus wentel af na die boere en raak uiteindelik almal in die bedryf, sê Archer.

“Hier is baie veranderlikes, maar in die stadium is dit vir ons ’n knelpunt in die bedryf, want daar gaan regdeur die stelsel gevolge wees.”

Anina Alexander van Trompsburg in die Vrystaat sê dit “slaan hulle veral hard” nadat brande vroeër vanjaar daar ontstaan het en duisende hektaar vernietig het.

Die BKB gaan verdere voorsorg tref en stoorkamers bou sodat die wol teen 31 °C geberg en vinniger uitgevoer kan word.

Archer vra produsente om geduldig te wees. “Ondanks die chaos moet hulle nie moed verloor nie, want die NWKV en belangepartye werk aan die probleem.”

* Na wat berig word, sou 13 576 bale wol vandeesweek op die veiling in Port Elizabeth aangebied word.

Meer oor:  Wol  |  Skape  |  Wolbedryf  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.