Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Al hoe meer melk, maar SA sluk swaar

In 2018 is 3,4 miljoen ton melk in Suid-Afrika geproduseer. Dit verteenwoordig groei van 3,9% teenoor ’n jaar gelede, sê die Melkprodusenteorganisasie (MPO).

3,4 miljoen ton melk is in 2018 in Suid-Afrika geproduseer.

Luidens die MPO se jongste nuusbrief is die groei in produksie hoër as die jaarlikse groei in suiwelverbruik en kan dit dus die plaaslike voorraadvlakke beïnvloed.

Produsentepryse het reeds in Maart 2018 begin daal vanaf R5/liter tot R4,05/liter in September 2018, wat ’n afname van 19% is.

Volgens die MPO kan die sterk groei in 2018 se melkproduksie produsentepryse op kort termyn onder druk hou.

Die MPO sê saam met uitdagende weerpatrone wat reeds die prys van graan laat opskiet het en verbruikers wat steeds onder druk is, wag daar waarskynlik nog ’n moeilike jaar op die suiwelbedryf. 

Meer oor:  Kospryse  |  Melkprys  |  Suiwel  |  Kosprysinflasie  |  Suiwelprodusente  |  Melk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.