Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
As jy vleis wíl eet, moet dit nie skaap wees nie

As jy regtig omgee vir die omgewing, sal jy jou tjoppie vir ’n hoenderborsie verruil, sê navorsers.

As jy regtig omgee vir die omgewing, sal jy jou tjoppie vir ’n hoenderborsie verruil.

Dit is bekend dat veeproduksie bydra tot skadelike kweekhuisgasvrystelling. Daarom sê Hiywot Girma, ’n navorser oorspronklik van Ethiopië, as mense minder vleis eet, sal die laer produksie tot minder vrystelling van skadelike gasse lei.

Sy het ’n voorlegging daaroor gedoen by die tweejaarlikse konferensie van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika (Essa) wat verlede week in Kempton Park gehou is.

Girma sê in die afgelope dekade eet mense wêreldwyd al hoe meer vleis. Die verbruik van hoender- en beesvleis het die afgelope tien jaar met onderskeidelik 2% en 1,6% per jaar toegeneem. Al hoe meer Suid-Afrikaners volg namate hul inkomste verhoog ook ’n dieet ryker aan proteïen. Sowat 33% van Suid-Afrikaners se totale besteding aan kos is aan vleis. Die gemiddelde Suid-Afrikaner eet 65 kg vleis per jaar teenoor 41 kg per capita in 1994, sê sy.

Indien daar nie ’n beleidsingryping is nie, kan kweekhuisgasvrystellings weens vleisverbruik in die volgende vyf jaar tot verdriedubbel, sê sy.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) aan die Universiteit van Pretoria sê in sy jongste vooruitskouingsverslag tot 2028 ’n styging in besteebare inkomste, bevolkingsgroei en verstedeliking dra alles daartoe by dat Suid-Afri­kaners meer vleis eet.

Saam met mense se verwagte groei in inkomste in die tien jaar tot 2028, kan groei van 20% in die verbruik van hoender- en pluimveevleis verwag word, vergeleke met 2018.

Die verbruik van beesvleis in Suid-Afrika het in die dekade tot 2016 met 1,3% per jaar gegroei. Volgens die BFAP kan dit teen 2028 nóg 23% hoër wees. Die hoeveelheid skaapvleis wat mense in Suid-Afrika eet, sal na verwagting in die volgende tien jaar met gemiddeld 1,8% per jaar groei.

Girma sê voorlopige syfers wys tussen bees, hoender en skaap, kom die meeste kweekhuisgas-vrystellings van skaap.

Omdat dit nie lyk of mense sommer minder vleis gaan eet nie, kan hoender ’n aanvaarbare alternatief wees vir bees en skaap om skadelike vrystellings te verminder, sê sy.

Die Londense beleggingsnetwerk Farm Animal Investment Risk & Return (Fairr) het op grond van ’n nuwe studie gesê die wêreld se vleis- en suiwelbedryf is verantwoordelik vir sowat 13% tot 18% van wêreldwye kweekhuisgasvrystellings – veroorsaak deur mense weens ontbossing en diereproduksie. Dít is meer as die ganse vervoersektor.

Die veebedryf is ook een van die grootste oorsake van verlies aan habitat wêreldwyd.

Maria Lettini, ’n direkteur van Fairr, sê byna ’n kwart van die 60 maatskappye wat hulle bestudeer het, het al begin belê in alternatiewe proteïen.

“Ons kan ons huidige vleisproduksie tot ’n mate meer volhoubaar maak, maar namate die vraag na proteïen toeneem, sal daar een of ander kompromis moet wees,” sê sy. – Bloomberg bygewerk

Meer oor:  Vleisbedryf  |  Omgewing  |  Hoender  |  Braaivleis  |  Vleispryse  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.