Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Astral waarsku oor fopnuus
Astral verskaf onder meer hoendervleis.Foto: Unsplash

Die geïntegreerde pluimveeprodusent Astral ontken ten sterkste dat enige van sy werknemers positief vir die korona-virussiekte getoets het.

Die maatskappy het Dinsdag gesê hy is bewus van ’n skermgreep wat op WhatsApp rondgestuur word wat beweer een van sy werkers is siek.

Dit is egter fopnuus, sê hy.

“Astral wil graag al sy belanghebbendes, verbruikers, klante, verskaffers en werknemers die versekering gee dié nuus is geheel en al onwaar.”

Kragtens nuwe regulasies kan persone wat fopnuus versprei swaar beboet of selfs tronkstraf opgelê word.

Astral sê hy het reeds die WhatsApp wat die rondte doen as fopnuus aangemeld.

“Astral volg streng maatreëls wat higiëne betref en het stappe gedoen om die gesondheid en welstand van ons werknemers in hierdie tyd te verseker.”

Verskaffers van kosprodukte soos Astral word as noodsaaklik beskou in die staat van inperking.

Daarom is dit uiters betreurenswaardig dat iemand dit goedgedink het om vals nuus oor hom te versprei, sê Astral.

Meer oor:  Astral  |  Koronavirus  |  Fopnuus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.