Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Astral wen teen Eskom oor sny van krag
Astral het 'n hofbevel bekom om sy ligte aan te hou. Foto: Astral

Die pluimveeprodusent Astral Foods het ’n hofbevel teen Eskom gekry om te keer dat Eskom die krag van die Randwest- plaaslike munisipaliteit afsny.

Astral se Meadow Feeds-onderneming het sy aanleg binne die munisipaliteit se grense.

Al het Astral aan Eskom verduidelik dat die sny van krag katastrofiese skade aan Meadow Feeds én ander sakeondernemings in die gebied sal aanrig, dring Eskom aan met sy planne om die krag te sny, het Michael Schmitz, besturende direkteur van Astral se voerafdeling, in ’n verklaring gesê.

In dié omstandighede het Astral geen alternatief gehad as om die hof te nader nie, sê Schmitz.

Die dringende hofaansoek het gekom nadat Astral die kennisgewing op 15 Oktober ontvang het dat hy van plan is om Randwest se krag weens wanbetaling te sny. Die krag sou op 27 November afgesny word.

Dit kom te midde van Eskom se dilemma van talle munisipaliteite landwyd wat hom meer as R26,5 miljard skuld.

Chris Schutte, uitvoerende hoof van Astral, sê Astral betaal sy kragrekeninge getrou, en behoort dus nie gestraf te word vir die ondoeltreffendhede en korrupsie by plaaslike munisipaliteite nie.

Die volgehoue afhanklikheid van Eskom as monopolie in die voorsiening van elektrisiteit is ongesond, en Eskom se herhaalde dreigemente om krag af te sny het ’n groot invloed op sakeondernemings soos Astral, het Schutte gemaan.

“Dit is onaanvaarbaar dat groot ondernemings die verantwoordelikheid moet oorneem om alle betalende kliënte se belange te beskerm, want Eskom hou vol met die irrasionele idee om die krag aan die vervaardigingsektor af te sny wat goeie korporatiewe burgers is en tot werkskepping bydra.” Dít terwyl die huidige dooiepunt eintlik tussen twee staatsentiteite is, het Schutte gesê.

Benewens die probleme met kraglewering in Randfontein waar Astral se Meadow Feeds-aanleg is, moet die maatskappy stoei met die waterkrisis by die Lekwa-munisipaliteit (Standerton) langs die Vaalrivier waar hy self miljoene rande moet uitgee om water aan te ry na sy hoenderslagplaas daar omdat die munisipaliteit se waterinfrastruktuur ineenstort.

Lekwa is self een van die toptien-skuldenaars by Eskom, en is agterstallig met R1 miljard.

Meer oor:  Eskom  |  Astral  |  Kragvoorsiening  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.