Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bek-en-klouseer: Hof in Pta hoor aansoek aan oor veilings

Die hooggeregshof in Pretoria gaan vandag ’n aansoek om die opheffing van die landwye verbod op veeveilings weens die voorkoms van bek-en-klouseer in etlike gebiede van Limpopo aanhoor.

Dit volg nadat ’n landwye verbod op alle veeveilings geplaas is ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo in 2019.

Die aansoek is deur twee veilingsmaatskappye, ’n koöperasie, ’n groep van 50 opkomende boere en ’n kommersiële boer ingedien vir die tersydestelling van die landwye verbod op veeveilings.

Guillau du Toit, voorsitter van die nasionale Wolkwekersvereniging, sê sy enigste kommentaar is dat die wolbedryf uitgelewer is aan partye wat reeds agter die hofgeding sit.

“Verhandelingsverklarings en gesonde, streng bioveiligheidsmaatreëls is die enigste uitweg om veilings suksesvol te laat plaasvind. Maatreëls wat reeds ingestel is moet net uitgevoer word,” sê Du Toit.

Intussen sê die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) die impak van bek-en-klouseer verlam die rooivleisbedryf en verhinder normale prysvormingsmeganismes. Dit het ook ’n negatiewe invloed op kommersiële en opkomende produsente.

Koos van der Ryst, RPO-voorsitter, sê dis noodsaaklik dat die situasie in die rooivleisbedryf so gou as moontlik na normaal terugkeer sodat veeveilings en lewendehaweskoue in minstens agt van die nege provinsies hervat kan word. – Lourens Schoeman

Meer oor:  Pretoria  |  Hof  |  Bek-En-Klouseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.