Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bek-en-klouseer: Produsente steun verbod op veilings, skoue

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ondersteun die drastiese voorkomingsmaatreëls teen bek-en-klouseer deur die tydelike verbod wat op onder meer veilings en skoue van gesplete hoefdiere geplaas is, sê Koos van der Ryst, voorsitter van die RPO.

Die tydelike verbod is op 4 Desember in die Staatskoerant afgekondig nadat verdere uitbrekings van die siekte in Limpopo voorgekom het.

“Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling word derhalwe versoek om ’n ramptoestand af te kondig ten einde bykomende kapasiteit en finansiering te verseker om die uitdagings van die siekte die hoof te kan bied, aangesien nienakoming op ’n nasionale ramp kan afstuur,” volgens Van der Ryst.

Dis tyd dat die rooivleisbedryf besef die staat gaan nie meer al die oplossings bied nie. Daarom moet die bedryf self help om die siekte te bekamp en saam met die staat werk.

Van der Ryst sê die verbod is ’n voorkomingsmaatreël en nie ’n strafmaatreël nie. Tog het dit ’n drastiese uitwerking op produsente asook die res van die rooivleiswaardeketting.

“Minstens 1,2 miljoen huishoudings in Suid-Afrika besit lewendehawe en word deur die maatreëls geraak wat inkomste- en voedselsekuriteit betref.

Die ekonomie op die platteland kan ook erg getref word.

Daarom is dit belangrik dat die omvang van die probleem bepaal word. Sodra dit gedoen is, moet die gebiede wat geraak word, onmiddellik gefinaliseer word sodat die bedryf na normaal kan terugkeer, sê hy.

Meer oor:  Limpopo  |  Veilings  |  Bek-En-Klouseer  |  Verbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.