Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Politieke wil kort oor bek-en-klouseer, sê VF Plus

Die verspreiding van bek-en-klouseer in Limpopo “wys dat die ANC-regering nie die politieke wil het om gemeenskappe in krisis by te staan nie”, sê die VF Plus.

Marcelle Maritz, LPW en leier van die party in Limpopo, sê die VF Plus het “met skok” verneem dat daar nou 16 bek-en-klouseer-besmette gebiede in die provinsie is.

Sy het Dinsdag in ’n verklaring gesê die party het reeds in November Nanda Annah Ndalane, LUR vir landbou, gevra vir ’n dringende vergadering oor die krisis. Tot nou toe het sy nie ons skrywe beantwoord nie, sê Maritz.

’n Mens sou dink die regering sou in enige vorm van hulp belangstel, sê sy.

“Die bek-en-klouseer-uitbreking het ’n groot invloed op die landbou- en die ekonomiese sektor in Limpopo. Dit laat die LUR oënskynlik koud.”

Maritz sê die VF Plus het aanvaar die departement sal belang stel in enige vorm van hulp om die uitbreking te bekamp. “Hierdie houding dui daarop dat daar nie dringende en voldoende optrede was om die uitbreking te bekamp nie en gevolglik het die siekte in Januarie verder versprei.”

Dié reaksie kom nadat die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling verlede week in ’n verklaring gesê het nog plase is geïdentifiseer waar bek-en-klouseer uitgebreek het.

Die departement sê egter hy wil benadruk dat dit nie beteken die siekte het versprei nie, maar wel dat hy doeltreffend is in sy veldtog om die siekte op te spoor.

Die departement toets diere op plase wat op die een of ander manier verbind kan word met ’n ander plaas waarop die siekte reeds geïdentifiseer is.

Waar vermoed word dat bek-en-klouseer deur ’n veiling versprei is, word al die plase opgespoor waarheen die diere vervoer is en word daar op dié plase toetse gedoen.

Meer as 130 plase is aanvanklik geïdentifiseer en tydelike kwarantynmaatreëls is intussen op 57 van die persele opgehef nadat diere hier negatief getoets het.

Reëlings is ook volgens die departement getref sodat diere in die kwarantyngebiede onder streng toesig by sekere aangewese abattoirs geslag kan word.

Meer oor:  Bek-En-Klouseer  |  Marcelle Maritz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.