Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Beste angusse in 2019 hier

Die Swartlandskou sal volgende jaar weer die plek wees waar die land se beste angusbeeste ten toon gestel sal word.

Die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika bied elke tweede jaar ’n nasionale kampioenskapskou aan, en in 2019 sal dit tydens die Swartlandskou vanaf 11 tot 14 September op Moorreesburg plaasvind.

Luidens ’n verklaring wat deur die genootskap uitgereik is, sal angustelers van reg oor die land heen op Moorreesburg saamtrek om aan dié gesogte kampioenskappe deel te neem.

Angusbeeste van hoogstaande gehalte sal op die skou ten toon gestel word. Die kampioenskap­skou is ’n geleentheid wat groot belangstelling by rolspelers in die vleisbeesbedryf, sowel as by stoettelers en ander belangstellendes wek.

Die kompetisie is straf en gesogte titels en trofeë vir onder meer die Teler van Kampioene is op die spel.

Volgens die genootskap word sowat 250 angusbeeste aanstaande jaar op die kampioenskap­skou verwag.

Die bekende Amerikaanse beoordelaarspaar Lee en Dawn Willson, van die Miller Willson-angusstoet, is genooi om as die beoordelaars op te tree.

Die anguskampioenskappe word met ’n prysuitdeling en ’n veiling afgesluit – wat na verwagting vir groot opwinding sal sorg. Verlede jaar is ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R255 000 vir ’n rooi angusbul op dié veiling behaal.

  • Die swart bulkalfkampioen, wat ook die titel van grootkampioenbul in 2017 verower het, is onlangs op die prestige veiling teen ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys vir ’n swart angusbul van die hand gesit. Die veilingprys was R150 000. Vir meer inligting oor die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika se nasionale kampioenskapskou, hou www.swartlandskou.co.za of www.angus.org.za dop.
Meer oor:  Moorreesburg  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.