Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Besteding aan kos bly onder druk; vleislus bly
Syfers oor kosproduksie en -verbruik.

Die debat oor grondonteiening sonder vergoeding het reeds beleggings in die landbousektor laat kwyn. Luidens die jongste landbouvooruitskouing deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) kan dit die waarde van landbou-uitvoer met tot 40% laat afneem.

As ’n gesonde, bekostigbare bron van diereproteïen, sal hoenderverbruik na verwagting tot 2027 met 27% groei. Foto: Pixabay

Die dokument gee ’n vooruitskouing van voedselverbruik en –produksie in die land tot 2027.

Luidens die BFAP Baseline-verslag sal verbruikers se besteding na verwagting op kort termyn onder druk bly, maar onder middelinkomste-verdieners in Suid-Afrika kan die vraag na vleis en suiwelprodukte in die volgende tien jaar styg.

As ’n gesonde, bekostigbare bron van diereproteïen, sal hoenderverbruik na verwagting met 27% in dié tydperk groei.

Diversifikasie in die verbruik van vleis sal die vraag na beesvleis ondersteun, wat in ’n dekade met 24% kan styg.

Op kort termyn bly die verskaffing van produkte met ’n langer produksiesiklus, soos bees- en skaapvleis, onder druk terwyl boere hul kuddes herbou ná die droogtes van 2015 tot 2016, lui die verslag.

Uitgedruk op ’n per capita-basis, was die besteding aan kos in 2014-’15 die hoogste in formele huishoudings in stedelike gebiede; dit was 19% laer in formele huishoudings in landelike gebiede, 31% laer vir informele huishoudings in stedelike gebiede en 46% laer in tradisionele gebiede. 

Meer oor:  Kos  |  Kospryse  |  Buro Vir Voedsel- En Landboubeleid  |  Bfap  |  Grondonteiening  |  Vleispryse  |  Voedselsekerheid  |  Landbou  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.