Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Beurtkrag kan lei tot 'n tekort aan kos
Beurtkrag kan lei tot 'n tekort aan kos.

Beurtkrag het ’n enorme negatiewe invloed op die primêre landbousektor asook die voedselwaardeketting, waarsku Agri SA.

Meer as 25% van alle kos in die land kom van bedrywe wat energie-intensief is of op ’n ander manier kwesbaar is vir kragonderbrekings, sê dié organisasie in ’n verklaring.

“Beurtkrag beïnvloed bedrywe soos tuinbou, suiwel, pluimvee en agro-prosessering, wat almal afhanklik is van besproeiing en baie energie benodig,” sê Agri SA.

“Besproeiing, skedulering van besproeiing, die aanwending van kunsmis, verwerking en verskeping word alles nadelig deur onbeplande kragonderbrekings beïnvloed.”

Beurtkrag se verwoesting van die ekonomie word dus nie tot nywerhede en die stede beperk nie.

“Eskom se instelling van fase 2-beurtkrag sedert Woensdag het die Suid-Afrikaanse ekonomie onkant gevang,” sê Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van uitnemendheid: ekonomie en handel.

“Tydige waarskuwings kon ’n groot verskil gemaak het vir boere en ondernemings omdat hulle hul beplanning daarvolgens sou kon doen.”

Agri SA is “baie bekommerd”.

LEES OOK: Hier is die 9 besluite in Gwede se kragplan

Op korttermyn is daar min te doen. Maar om die grootste skade by die landbousektor te vermy, kan Eskom minstens verseker dat daar tydige waarskuwings uitgereik word sodat onder meer boere kan beplan.

“Die las van beurtkrag is onaanvaarbaar. Ons het ’n ekonomie nodig wat groei en wat alle Suid-Afrikaners kan ophef. Die onbetroubaarheid van kragverskaffing is ’n enorme struikelblok vir ons ekonomie en die vooruitsigte vir ekonomiese groei,” sê Jansen.

Die geïntegreerde hulpbronplan (IRP) wat Vrydag gepubliseer is, is volgens Agri SA ’n stap in die regte rigting, maar skaars voldoende om iets aan die elektrisiteitskrisis te doen.

Intussen is meer as ’n kwart van Suid-Afrika se vermoë om kos te produseer nou in die gedrang.

Meer oor:  Kos  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Voedselsekerheid  |  Landbou  |  Elektrisiteit  |  Landboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.