Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Beurtkrag strem voedselsekerheid, sê landbouman
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL).Foto: Verskaf

Die jongste vlaag beurtkrag het ’n ernstige impak op voedselsekerheid.

Só sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). Hy het Donderdag ’n beroep op die regering gedoen om die probleem vinnig op te los.

Hy sê landbouers en verskaffers bly aan die verloorkant en beurtkrag kan “katastrofiese gevolge vir voedselproduksie en die landbousektor hê”.

Eskom het Woensdag en Donderdag fase 2-beurtkrag landwyd toegepas.

Volgens Wilken is koring byvoorbeeld in ’n baie sensitiewe stadium ten opsigte van bestuiwing.

“Landbouers wat gewasse besproei, is nou twee maal per dag aan beurtkrag blootgestel en dit het ’n potensiële negatiewe impak op die optimale groei, veral in die huidige warm toestande oor groot dele van die land.”

Wilken sê VL doen ’n ernstige beroep op die regering om af te sien van “politieke populisme”.

Hy meen die regering moet eerder, in die lig van die geweldige probleme by Eskom, ’n meer gematigde benadering teenoor onafhanklike kragprodusente volg.

Hy meen die huidige prosesse om onafhanklike kragprodusente op die netwerk te kry, is heeltemal te omslagtig.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Francois Wilken  |  Voedselsekerheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.