Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bladskud: SA man lei pruimegroep

’n Suid-Afrikaner staan nou aan die hoof van die Internasionale Pruimedante-vereniging.

Chris Krone

Chris Krone, ’n bekende in landboukringe op eie bodem en oorsee, is onlangs op die 17de kongres van die Internasionale Pruimedante-vereniging in Villeneuve Sur Lot, in Frankryk, as die nuwe president van dié vereniging verkies.

Krone, van Tulbagh, sal in die posisie leiding neem tot en met die volgende kongres wat aan die einde van 2019 in Suid-Afrika plaasvind.

Benewens die algemene werk van die vereniging wat uit al die groot pruimedant-produserende lande bestaan, dryf Krone ook ’n navorsingsprojek oor die vernuwingseffek wat pruimedante op beendigtheid het.

Die navorsing het ten doel om te bewys dat pruimedante heupfrakture by ouer mense kan voorkom of verminder. Laboratorium-eksperimente op rotte en muise het reeds bewys dat ’n dieet met pruimedante beendigtheid bevorder. – Elise-Marie Steenkamp, verwerk vanaf hortgro.co.za.

Meer oor:  Landbou  |  Nuwe Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.