Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bladskud: Transformasie in wynbedryf

Wendy Petersen hou nou die leisels as die nuwe operasionele bestuurder van die Suid-Afrikaanse wynbedryf se transformasie-eenheid.

Wendy Petersen

Dié eenheid is ’n gesamentlike, inklusiewe, onafhanklike en verteenwoordigende forum van relevante wynbedryfstrukture wat transformasie in die sektor bevorder in ooreenstemming met die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se riglyne, lui ’n verklaring.

Dit help transformasie aan deur ekonomiese ontwikkeling, vaardigheidsontwikkeling en opleiding, sowel as sosiale ontwikkeling. Die hoofdoelwit van die eenheid is om gelyke toegang en deelname van swart ondernemings in die wynwaardeketting te bevorder.

Petersen was voorheen die bestuurder van inter­nasionale projekte by Wines of South Africa (Wosa) en het meer as 25 jaar se ervaring in die wynbedryf.

“Ek is geëerd en bevoorreg om die titel as operasionele bestuurder van transformasie vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf te dra. ‘Transformasie’ is ’n woord wat Suid-Afrikaners vrees en dit is moeilik om verandering teweeg te bring,” sê sy oor haar aanstelling.

“Ek wil die wynbedryf aanmoedig om dié verandering aan te pak en te fokus op die geleenthede en moontlikhede wat ontsluit kan word as ons dit regkry.”

Die transformasie-eenheid heg groot waarde aan onafhanklikheid, groei en aanspreeklikheid en glo dat in­tegriteit, uitnemendheid en vennootskappe sleuteldryfvere is om transformasie in die wynbedryf te bevorder.

Die eenheid glo dat Petersen se aanstelling hierdie waardes verder sal stimuleer.

Meer oor:  Transformasie  |  Wynbedryf  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.