Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bloubessies: Handelsnaam nie oortree, sê Ross Berries

Die vraghouers met bloubessies van Suid-Afrika waarop in Rotterdam beslag gelê is, het geen tekens of enige verwysing na United Exports se OZBlu-handelsnaam gehad nie.

United Exports kan ’n groepsgeding deur Suid-Afrikaanse bloubessieboere te wagte wees. Foto: iStock

’n Gehaltebeheerverslag van die Internasionale Vrugtegehaltebeheerraad wys boonop dat geen van die bewerings van United Exports oor beweerde handelsnaamoortredings deur Ross Berries enige meriete het nie.

Só het Ross Berries Maandagmiddag in ’n mediaverklaring gesê.

Jon Salter, uitvoerende hoof van United Exports, het oor die naweek teenoor Landbouweekblad volgehou dat Ross Berries sy bessies onder OZBlu-kultivars se name uitgevoer het en hul intellektuele eiendom sonder toestemming gebruik.

Ross Berries het egter Maandag gesê die hofgeding tussen die twee ondernemings gaan sorg vir groter deursigtigheid met kontrakte waarin vrugtekultivars gelisensieer word.

Talle boere het Ross Berries gebel om te sê hulle het soortgelyke probleme met United Exports asook ander maatskappye se kontrakte waarin hulle in baie gevalle ingeperk word op grond van planttelersregte waar dié regte nie van toepassing is nie.

Groepe boere oorweeg nou groepseise om meer deursigtige vrugtebemarkingskontrakte te verseker.

Ross Berries het intussen uitgevind internasionale reg is oortree waarkragtens bederfbare goedere waarop beslag gelê word, net vir drie dae gehou mag word waarna dit vrygestel moet word, al duur die betrokke ondersoek nog voort.

In dié geval is Ross Berries se vraghouers in Rotterdam vir byna ’n maand gehou voordat dit vrygestel en oopgemaak is. Dit het veroorsaak dat die gehalte van die vrugte agteruitgegaan het. Ross Berries en sy uitvoerder gaan nou ’n skadevergoedingseis teen United Exports instel.

Rossouw sê dit is kommerwekkend dat daar nie by die internasionale wetgewing gehou is nie, want dit is duur vir Suid-Afrikaanse boere om so ’n saak in ’n Europese hof te beveg gegewe die wisselkoers.

Meer oor:  Ross Berries  |  United Exports  |  Uitvoer  |  Vrugtebedryf  |  Vrugte  |  Bessies  |  Bloubessies  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.