Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boer se windpomp-patent bring water uit rivier

’n Staptog in die Drakensberg het ’n boer van Noordwes ’n patent laat ontwikkel wat ’n oplossing kan bied vir gesinne wat nie toegang tot water het nie.

Gerrit Smith, van die plaas Rhebokfontein in die Klerksdorp-distrik, skryf reeds die afgelope 12 jaar minstens vyf uitvindsels per jaar in vir Graan SA en Omnia se boerepatentekompetisie op die Nampo Oesdag buite Bothaville.

Hy het “nog net twee keer” sonder ’n prys weggestap.

Gerrit Smith, ’n boer van die plaas Rhebokfontein naby Klerksdorp, het sy hidrouliese windpomp vir Graan SA en Omnia se boerepatentekompetisie op vanjaar se Nampo Oesdag ingeskryf. Foto: Mlungisi Louw

Sy liefde vir bergklim het hom die idee vir sy jongste skepping op vanjaar se oesfees, ’n hidrouliese windpomp, gegee.

Met ’n staptog naby Cathedral Peak in die noorde van die Drakensberg het hy gesien hoe die inwoners daar erge hoogtes met skottels water op hul koppe moet aandurf nadat hulle dit onder by die rivier vol geskep het.

Sy empatie vir die mense het hom laat wonder oor ’n ontwerp waarin windkrag benut kan word.

“Ek wou dat die wind die werk vir hulle doen.”

Sy hidrouliese windpomp werk met twee pype wat tot onder die rivier loop en dan in wisselwerking water tot bo pomp.

Bertus Goosen, ’n boer van Botswana, het ’n menger gebou wat self lekke vir vee vervaardig. Foto: Mlungisi Louw

“ ’n Gewone boorgat werk met ’n stang wat regaf werk. Hy moet daardie hele stang optel, met al die water.”

Met die hidrouliese windpomp stuur die een pyp drie liter water af, en die tweede vier liter op.

“Jy wen elke slag ’n liter by.”

Dit gebruik glo boonop 15 keer minder krag as ’n gewone windpomp.

Smith het met ’n tweede inskrywing ’n halwe buiteband as ’n kalf-immobiliseerder ingespan.

Minstens 9 000 besoekers het vroeg Dinsdag reeds deur die hekke by Nampo gestap. Foto: Mlungisi Louw
DW en Nihan Coomans van Vryburg het hulle geniet op die trekkers wat by Nampo uitgestal is. Foto: Mlungisi Louw

Ander patente wat besoekers se aandag getrek het, was dorings uit ’n doringboom wat as tandestokkies ingespan kan word, en ’n koffieblik wat in ’n reënmeter omskep is.

Die gewildste onderafdeling was vir aangepaste masjinerie, werktuie en landboutoerusting. Jan Grobler van die plaas Unie by Vierfontein buite Bothaville het gewen met sy beesspuit-brandbestryder.

Bertus Goosen, ’n boer van Botswana, het ’n menger gebou sodat boere hul eie lekke op die plaas kan vervaardig. “Ons kan so 30 kg op ’n slag meng.”

Drie konsentrate word saam met molasse gemeng en met ’n drukker gepers voordat dit in die son gelos word.

Hy sê dit is die enigste patent in sy soort in Botswana en, sover hy weet, Suid-Afrika.

Ester Cornellius (3) van Parys streel ’n ponie en haar vulletjie. Foto: Mlungisi Louw
Eduard (6) en Lize-Marie Jansen van Rensburg (4) sit binne-in die reuse-wiel van ’n John Deere-werktuig. Foto: Mlungisi Louw
Werner Marsau en Karla Dippenaar vertroetel een van die talle lammers op Nampo. Foto: Mlungisi Louw
Themba Khoza, ’n skaapskeer-instrukteur van die Nasionale Wolkwekersvereniging, wys sy slag. Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Klerksdorp  |  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.