Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boere in nood kry tonne hulp

’n Konvooi van 33 vragmotors het Saterdag voer van Stormsvlei naby Riviersonderend in die Wes-Kaap na Sutherland in Noord-Kaap vervoer om boere te help wat sukkel om hul vee in die droogte te voer.

’n Boerekonvooi van 33 vragmotors het Saterdag van Stormsvlei naby Riviersonderend in die Wes-Kaap na Sutherland in Noord-Kaap gery om voer aan boere te skenk. Foto: Verskaf

“Alles vir boere deur boere,” sê Gideon Albertyn, een van die boere wat deel van die projek is.

Hy sê hulle het 04:30 vertrek en het voor 11:00 in Sutherland aangekom.

“Almal wat deel is van die vloot, is boere uit die Klipdale-gebied wat Bredasdorp, Napier en Riviersonderend, asook Overberg Agri insluit,” sê Albertyn.

Van die voer wat aan boere geskenk is.Foto: Verskaf

Hy sê dit is moeilik om te bepaal hoeveel boere voer geskenk het, maar baie was betrokke by die projek.

Volgens Albertyn is 33 vragmotors, 1 100 strooibale, 210 ton gars, hawer en mielies, 12 ton molasse en lekblokke geskenk.

Hulp is op pad vir boere in Sutherland in Noord-Kaap.Foto: Verskaf

’n Trekker is ook op ’n vragmotor gelaai en het saamgery om te help om die voer af te laai.

“Die doel van die projek is om ons broers en susters in die landboubedryf te help,” sê Albertyn.

Vragmotors sover as die oog kan sien. Enkele van die 33 vragmotors wat Saterdag van Stormsvlei naby Riviersonderend in die Wes-Kaap na Sutherland in Noord-Kaap voer na bore aangery het.Foto: Verskaf

Dit is die tweede jaar dat die konvooi voer aan boere in nood gaan aflewer.

“As dit nodig is, sal ons dit weer doen. Hopelik gebeur dit nie weer dat dié gebied nie reën kry nie,” sê Albertyn.

Meer oor:  Droogte  |  Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.