Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boere moet hulp kry met inentings teen slenkdalkoors

Met bek-en-klouseer op die voorstoep kan die wolbedryf en ander veebedrywe nie ook nog slenkdalkoors bekostig nie, sê Guillau du Toit, voorsitter van die nasionale wolkwekersvereniging (NWKV).

Du Toit het reageer op die versoek van Reggie Ngcobo, ’n woordvoerder van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wat gesê het boere kan ’n toename in muskiete wat slenkdalkoors oordra, verwag as gevolg van die goeie reëns. Ngcobo het boere aangeraai om hul vee in te ent.

Du Toit steun dié versoek. “Daar word al geruime tyd teen ’n uitbreking gewaarsku. Produsente word aangemoedig om met hul bure en distriksverenigings te skakel en saam te span dat almal hulle diere inent. Dit is net so belangrik vir produsente wat nie met wol boer nie. As enigiemand sukkel om entstof in die hande te kry, moet hulle ons nasionale kantoor in Port Elizabeth bel by 041 365 5030 en met Bonita gesels. Enige vermoede van slenkdalkoors moet dadelik by die naaste veearts aangemeld word.” – Lourens Schoeman

Meer oor:  Slenkdalkoors  |  Dieresiektes  |  Boere  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.