Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boere ‘moet oerpatrone van beweiding naboots’

Die natuurlike migrasiepatrone van groot troppe wild moet nageboots word waar die wild weiding tot in die grond afvreet en dan die gebied verlaat sodat die veld kan herstel.

Dr. Peter Ardington het boere op Reitz oor die voordele van ultrahoëdigtheidsbeweiding toegespreek.Foto: Alet van der Walt

Dr. Peter Ardington, veearts en veeboer van KwaZulu-Natal en ’n kenner van ultrahoëdigtheidsbeweiding, het boere Maandagoggend op Landbouweekblad se herlewingslandboukonferensie op Reitz in die Vrystaat toegespreek.

Ardington het aan boere gesê weiveld wat gedurig aan laedigtheid-beweiding blootgestel word, gaan net soos veld wat oor- of onderbewei is tot niet.

Hy sê ontdekkingsreisigers het in die 19de eeu gereeld op plekke afgekom waar derduisende wildebeeste en ander troppe wildsbokke die gras tot in die grond afgevreet en vertrap het. Boere moet dit begin naboots om so die weiding te herstel, sê Ardington.

Hy het foto’s gewys van die weidingskenner André Lund se plaas naby Beaufort-Wes waar die weiding danksy ultrahoëdigtheidsbeweiding herstel het en nou beter lyk as die veld in naburige natuurreservate.

Lund is die “veldheld” van die Groot-Karoo, sê Ardington.

Hy sê waar die veld teen die grond afgevreet word, herstel dit beter as waar dit gedurig teen ’n lae digtheid deur vee bewei word.

Boere het 12 000 jaar lank die verkeerde boerderymetodes gebruik en dit is nou tyd om met herlewingslandbou die skade om te keer, sê hy.

Hy sê waar die veld teen die grond afgevreet word, herstel dit beter as waar dit gedurig teen ’n lae digtheid deur vee bewei word.

Hy sê die hoeveelheid grond in riviere is verder tekenend van gronderosie en swak grondbedekking. ’n Revolusie is nodig – nie ’n “klipgooi-revolusie” nie, maar ’n revolusie in die samelewing en in landbou sodat daar groter respek vir die natuur is.

Ardington sê ultrahoëdigtheidsbeweiding moet reg toegepas word. Dit is belangrik dat boere genoeg water vir diere het om hulle tien keer per dag te kan skuif en dat plaaswerkers deeglik opgelei is om dié metode van beweiding te kan toepas. Met dié tipe beweiding word vee in klein afgesperde gebiede “vasgekeer” en gedwing om plante tot in die grond af te vreet en te vertrap voordat hulle toegelaat word om na ’n nuwe stuk veld te gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.