Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boere ‘moet reg ent teen sponssiekte’

Boere is gewaarsku om seker te maak hulle gebruik die regte soort entstof teen sponssiekte nadat gevalle van dié siekte in die Suid-Vrystaat voorgekom het.

Dr. Thabo Lerotholi, staatsveearts in die Ladybrand-distrik, sê hy het twee of drie gevalle van sponssiekte teëgekom. Dié siekte kom van tyd tot tyd in die Vrystaat voor.

Staatsveeartse in Suid-Afrika sê die Lesotho-regering het miltsiekte in dié land onder beheer, maar ’n paar voorvalle van sponssiekte is die afgelope tyd in die Vrystaat aangemeld. Foto: Verskaf

Lerotholi sê nie almal meld die siekte aan nie en daar kan dalk meer gevalle wees.

Hy waarsku dat boere geneig is om op te hou om vee gereeld in te ent wanneer siektes vir tydperke nie voorkom nie.

Boere ent hul vee soms net een keer, hoewel hulle ná vier weke ’n skraagdosis moet toedien om seker te maak jong diere het voldoende immuniteit teen sponssiekte.

Veral diere jonger as twee jaar is baie vatbaar vir die siekte.

Dit is ook belangrik dat die entstof nie warm word nie, sê hy.

Dr. Casper Troskie van Aliwal-Noord sê drie gevalle waarin 12 beeste weens sponssiekte gevrek het, het twee weke gelede in die Rouxville-dsitrik voorgekom.

Dr. Nienke van Hasselt, staatsveearts in die Smithfield-gebied, sê ook boere moet die regte voorkomende praktyke toepas om seker te maak vee vrek nie weens sponssiekte nie.

Sy sê dit is belangrik dat boere ’n entstof gebruik wat immuniteit teen meer as een stam van die siekte verseker.

Van Hasselt sê boere gebruik dikwels ’n kombinasie-entstof teen lam- en miltsiekte, maar dié entstof verskaf net beskerming teen een stam van sponssiekte.

Net soos met miltsiekte moet die karkasse nie oopgesny word nie, omdat die siekte so versprei, sê sy.

“Jy het ’n entstof nodig wat diere teen ’n wye spektrum stamme van sponssiekte beskerm en daar is vyf stamme van die siekte,” sê sy.

Ook sy benadruk die belangrikheid van ’n skraagdosis.

Sy sê in 2018 het 26 beeste in die gebied weens sponssiekte gevrek.

Net soos met miltsiekte moet die karkasse nie oopgesny word nie, omdat die siekte so versprei, sê sy.

* Lerotholi sê Lesotho het die miltsiekte-uitbreking onder beheer wat die afgelope weke in die nuus was.

“Nog geen bevestigde geval van miltsiekte het in die Vrystaat voorgekom nie,” sê hy.

Meer oor:  Dr. Thabo Lerotholi  |  Ladybrand  |  Vrystaat  |  Sponssiekte  |  Landbou  |  Inenting  |  Miltsiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.