Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Boere se vertroue die laagste vlak in 9 jaar
Droogte en beleidsonsekerheid oor grondhervorming het ’n negatiewe uitwerking op die landboubedryf. Foto: Argief

Die indeks van sakevertroue in die landbousake is ná ’n skerp daling nou op die laagste vlak – 42 punte – sedert die vierde kwartaal van 2009.

Agbiz en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se indeks word saamgestel uit data wat in November landswyd oor alle landboubedrywe heen ingesamel is.

In die eerste kwartaal was die indeks nog op 58 punte. Die skerp daling in die vierde kwartaal volg op ’n daling tot 54 in die tweede en tot 48 in die derde kwartaal.

Dié dalings wys op die volgehoue swak vooruitsigte vir die landbousektor.

Veral drie van die tien subindekse waaruit die indeks saamgestel word, het tot die daling gelei: omset, netto bedryfsinkomste en algemene landboutoestande.

Die landbouderyf sukkel weens beleidsonsekerheid r

Wandile Sihlobo, Agbiz se navorsingshoof, sê in ’n verklaring die daling in omset kan toegeskryf word aan die laer produksie op ’n jaargrondslag, hoewel oespryse vanjaar effens hoër as verlede jaar is.

  • Dit het daartoe gelei dat die subindeks vir netto bedryfsinkomste met 21 punte tot 38 geval het. Dit is sy laagste vlak sedert die derde kwartaal van 2013.
  • Die subindeks vir algemene landboutoestande is laer gedruk weens ondergemiddelde reënval in die sentrale en westelike streke van die land, wat aanplantings vertraag het. Die verwagting van ’n El Niño-verskynsel in 2019 het waarskynlik ook die daling in vertroue meegebring. Dié indeks het met tien punte tot 40 gedaal.
  • Die subindeks vir kapitaalbeleggings het wel met 7 punte verbeter tot 58 ná ’n skerp daling van 14 punte in die derde kwartaal. Dit word toegeskryf aan stewige aankope van landboumasjinerie deur die loop van die jaar jaar weens verwagtinge van groter aanplantings van somergewasse. Trekkerverkope was byvoorbeeld 9% hoër in die eerste tien maande van die jaar op 5 818 eenhede as in die vergelykende tydperk van 2017. Maar die toename van vertroue in dié subindeks was dalk voortydig, meen Sihlobo. Dit is omdat droogte en hoë temperature in die sentrale en westelike dele van die land die hoop laat beskaam het oor die verwagte hoër aanplantings.

Al het drie subindekse die daling gedryf, “presteer die sektor steeds onder sy langtermyngemiddeldes. Daar heers moedeloosheid in die sektor.”

Ons twyfel dat daar in die nabye toekoms ’n betekenisvolle verbetering in vertroue sal wees as daar nog nie duidelikheid is oor grondhervorming in Suid-Afrika nie.
Wandile Sihlobo

Sihlobo sê landbouvooruitsigte hang van beleidsrigting af.

“Ons twyfel dat daar in die nabye toekoms ’n betekenisvolle verbetering in vertroue sal wees as daar nog nie duidelikheid is oor grondhervorming in Suid-Afrika nie.

“Enige roekelose beleidsrigting wat eiendomsregte kan verswak, kan beleggings en langtermyngroeivooruitsigte in die sektor belemmer.”

Meer oor:  Agbiz  |  Wandile Sihlobo  |  Droogte  |  Boere  |  Landbou  |  Grondhervorming  |  Landboubedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.