Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Bokswyn nou gewildste ná verbod bottels kraak

Binnelandse wynverkope het in die jaar tot einde November met 21% of 78 miljoen liter gedaal.

drankverbod
Rakke vol wyn gaar stof op in drankwinkels nadat die vierde drankverbod ingestel is.

In dié tydperk, wat die vorige jaar se feestyd insluit, is 289,3 miljoen liter teenoor die 367,4 miljoen liter in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar plaaslik verkoop, toon die bedryfsinligtingsliggaam Sawis se jongste statistieke.

Die pandemie en die verbod op drankverkope, wat nou al drie keer ingestel is, het eers einde Maart verlede jaar begin. Daar is dus van Desember 2019 af bykans vier maande se normale verkope ingesluit.

Die uitvoer van wyn het met bykans 1% oor dieselfde jaartydperk tot einde November gedaal.

Gesamentlik beloop die daling byna 12% of 81,1 miljoen liter tot 604,8 miljoen liter.

Watter houer verkoop die meeste?

Besonderhede oor die houers waarin wyn verkoop word, toon daar is gedurende die tydperk meer bokswyn as wyn in glasbottels verkoop

Bokswyn (foeliesakke in bokse) het in die jaar van die pandemie glasbottels met 123,5 miljoen liter in verkope verbygesteek. Dié verkope het egter steeds met 14% gedaal.

Die grootste hoeveelheid bokswyne word in houers van 5 liter verkoop.

Die verkope van wyn in glasbottels, waarvan die meeste 750 ml is, het met 24% tot 122,3 miljoen liter geval.

Die verkope van wyn in plastiekbottels, waarvan sowat die helfte 1 liter-bottels is, het met 31% tot 29,5 miljoen liter gedaal.

Dié goedkoop wyn was verlede jaar in omstredenheid gedompel weens beskuldigings dat dit tot drankverwante ongelukke en drankmisbruik in sekere gemeenskappe bydra.

Vonkelwyn se verkope het met 23% tot 7,6 miljoen liter geval.

Wie verkoop wat?

Verkope van private kelders het met 13% tot 42 miljoen liter gedaal. Die meeste van hul wyn word in glasbottels verkoop.

Produsentekelders se verkope daal met 11% tot 88,1 miljoen liter. Die meeste van hul wyn is bokswyn en het met 3% tot 46,4 liter miljoen gedaal.

Hulle verkoop meer wyn in plastiekbottels as in glasbottels en die verkope in plastiekbottels het met 16% tot 18,6 miljoen liter gedaal.

Groothandelaars verkoop die meeste wyn en hul verkope het met 28% tot 154 miljoen liter gedaal.

Ook die meeste van hul wyn word as bokswyn verkoop, naamlik 74,1 miljoen liter, wat met 26% gedaal het.

Hul wyn in glasbottels het met 30% tot 70 miljoen liter gedaal.

Groothandelaars verkoop 8,6 miljoen liter in plastiekhouers, waarvan die meeste in 5 liter-kanne is.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Wyn  |  Wynbedryf  |  Inperking  |  Wynverkope  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Covid-19  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.