Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Braai gou, pryse gaan dalk nie hou
BERLIN, GERMANY - SEPTEMBER 11:  A family relax an
Twee faktore op die horison kan vleispryse later vanjaar weer opdruk. Foto: Getty Images

Verbruikers is die laaste tyd bederf met laer vleispryse, wat ook gehelp het om inflasie in toom te hou, maar dit is geen uitgemaakte saak dat die vleisie vir jou braai oor ’n paar maande steeds bekostigbaar gaan wees nie.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, skryf in ’n markverslag die laer vleispryse is deels vanweë ’n verwagte styging in die plaaslike vleisvoorraad nadat die uitbreking van bek-en-klouseer in Januarie tot ’n verbod op die uitvoer van Suid-Afrikaanse beesvleis na verskeie groot markte gelei het.

Dít kan egter in die volgende paar maande verander nadat sekere Afrika- en Midde-Oosterse lande reeds die verbod opgehef het en uitvoer hervat is, skryf hy.

Vleispryse, wat meer as ’n derde van die voedselinflasiemandjie uitmaak, was in April en Mei in deflasie (onderskeidelik -1,2% en -0,9%).

Dit het die oorkoepelende inflasiekoers in Mei in toom gehou op 4,5%.

Volgens Absa se jongste Agri Trends-publikasie is die beesvleispryse wat plaaslike produsente kry tussen 5% en 11% laer as ’n jaar gelede.

Sihlobo sê egter indien die laer slagkoers van beeste en skape voortduur, kan pryse mettertyd styg. Wessel Lemmer, ’n senior landbou-ekonoom by Absa, sê plaaslik het beesvleis-karkaspryse begin herstel ná die aanvanklike impak van die bek-en-klouseer-uitbreking.

Sihlobo sê buiten rooivleis kan hoender ook in die volgende paar maande duurder word, omdat invoertariewe waarskynlik verhoog gaan word.

Intussen styg die prys van varkvleis wêreldwyd vanweë laer voorraad in China, Viëtnam en ander groot produsente ná ’n uitbreking van Afrika-varkgriep. Sihlobo sê dit kan ook Suid-Afrikaanse varkvleispryse laat styg.

Meer oor:  Vleisbedryf  |  Braaivleis  |  Vleispryse  |  Vleis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.