Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Clover-plan in weegskaal ná woede oor Israel-konneksie

Die bemagtigingsgroep wat sy wortels stewig op die Kaapse Vlakte het, het ná woede oor sy deelname aan ’n transaksie om Clover uit te koop, van plan verander.

Clover se verkryging is in die weegskaal.

Brimstone het in ’n kort verklaring gesê hy gaan sy rol in die voorgestelde transaksie hersien. Dit kan beteken hy gaan uit die transaksie onttrek.

“Gegewe die maatskappy se waarde-gedrewe identiteit, het ons kennis geneem van die uitgebreide woede oor die deelname aan die transaksie.”

Die aanbod om al Clover se aandele te bekom is deur Milco Suid-Afrika gedoen. Sy grootste aandeelhouer is Milco Mauritius (amper 80%) terwyl Brimstone 15% sou kry.

Die grootste aandeelhouer in Milco is IBBL (59,5%), ’n filiaal van Central Bottling Company (CBC) van Israel. Dit is met CBC wat daar probleme is. 

Lees ook: Clover se nuwe eienaars stel boere, verbruikers gerus

Die webtuiste Who Profits sê CBC bedryf een van Coca-Cola se grootste botteleringsaanlegte ter wêreld en beheer omtrent 40% van Israel se koeldrankmark.

Who Profits word beskryf as ’n onafhanklike navorsingsentrum toegespits daarop om die rol van die private sektor in die besetting van Palestina te onthul.

Die besluit deur Brimstone kom waarskynlik nadat die protesgroep BDS Suid-Afrika, wat in solidariteit met Palestina optree, ’n verklaring uitgereik het.

Volgens BDS word CBC by menseregteskendings en die oortreding van internasionale wette betrek omdat hy in onwettige nedersettings van Israel in Palestina bedrywighede het.

Brimstone is meer as 20 jaar gelede begin met aanvangskapitaal van R3 miljoen wat van gemeenskapslede op die Kaapse Vlakte gekry is.

Meer oor:  Brimstone  |  Clover  |  Melkboere  |  Melkbedryf  |  Suiwel  |  Suiwelprodusente  |  Melk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.