Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Clover verwag ekstra romerige verdienste
Volgens die suiwelmaatskappy Clover verwag hy 'n beter verdienste vanjaar. Foto: Clover

Clover se aandeelprys het met 4,11% gestyg ná ’n handelsverklaring waarin hy sê hy verwag ’n driedubbele styging in sy verdienste.

Die suiwelreus sê in die verklaring sy wesensverdienste per aandeel in die jaar tot einde Junie sal tussen 207% en 227% hoër wees as die 63,9c per aandeel in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die verdienste per aandeel sal na verwagting tussen 135% en 155% hoër wees as die 83,1c wat ’n jaar gelede behaal is.

Clover skryf die verwagte styging in sy verdienste onder meer toe aan laer insetkoste, die bekendstelling van nuwe produkte en ’n sterk veldtog om koste te beheer en doeltreffendheid te verhoog.

“Genormaliseerde weersomstandighede ná die droogte-verwante probleme, wat ’n aansienlike uitwerking op die maatskappy se prestasie gehad het, was ook ’n faktor,” lui die handelsverklaring wat op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik is.

Volgens die maatskappy het die instelling van suikerbelasting en die verhoging in die BTW-koers wel verbruikersbesteding en sy eie verkooppryse onder druk geplaas.

Clover meld ook dat sy mededingers in die kleinhandel se prysstruktuur “aggressief” bepaal is en dat handelstoestande moeilik was.

Die maatskappy het sy eie verkooppryse in April vanjaar verhoog om inflasionêre kostedruk die hoof te bied.

Omdat rou of ongepasteuriseerde melk en roumelkverspreiding geleidelik minder van Clover se kernbedrywighede sal uitmaak, het hy ’n nuwe filiaal, Dairy Farmers South Africa (DFSA), gestig om dié deel van die bedrywighede oor te neem.

Luidens die handelsverklaring begin dié ontknoping nou vrugte dra.

Clover sal sy jaarresultate na verwagting op 12 September bekend maak. 

Meer oor:  Clover  |  Maatskappye  |  Kleinhandel  |  Melkprys  |  Suiwel  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.