Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Country Bird maak aanbod vir NWK se pluimvee-saak
'n Hoender op 'n hoenderplaas.

Een van die land se groot pluimveegroepe, Country Bird Holdings (CBH), staan op die punt om ’n verkryging te doen.

Volgens ’n verklaring deur die landboumaatskappy NWK oorweeg hy tans ’n aanbod van Country Bird vir sy hoender- en veevoer-onderneming, Opti Agri.

“Soos goedgekeur deur die direksie, het NWK voorwaardelik die aanbod van R290 miljoen (BTW uitgesluit) van CBH aanvaar om Opti Agri en sy bates te verkry,” lui ’n verklaring wat NWK Maandag uitgereik het.

Volgens dié verklaring is NWK se hersiene sakestrategie daarop gerig om groter klem op sy kernbedrywighede te plaas en daarom is die transaksie in pas met sy nuwe doelwitte.

Die voorgestelde transaksie is onderhewig aan verskeie opskortende voorwaardes, finale onderhandelinge en die sluit van die nodige ooreenkomste, sowel as onderhewig aan alle toepaslike goedkeuring deur die mededingingsowerhede en ander regulatoriese liggame, nie later as 4 Junie 2018 nie,” sê Heinrich Krüger, voorsitter van die direksie van NWK Beperk.

“Die moontlike verkryging van Opti Agri as ’n lopende bedryf word oorweeg omdat ons die sakewaarde daarvan sien en ons dus die proaktiewe aanbod aan NWK daarvoor gemaak het,” sê Marthinus Stander, uitvoerende hoof van CBH.

In 2016 het CBH se poging om die (destyds genoteerde) Oos-Kaapse pluimveegroep Sovereign Foods oor te neem, misluk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.