Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Landbou
Covid-19: Gemmerboere se bondgenoot

Gemmer is die nuwe goud en te midde van al die terugslae van die koronaviruspandemie lag gemmerboere al die pad bank toe.

’n Boer het die afgelope week bykans R2 miljoen verdien toe hy ’n vrag van agt ton gemmer aan ’n markagentskap in Pretoria gelewer het.

Dit kom neer op 1 500 kartonhouers vars gemmer teen ’n gemiddeld van R1 300 per houer.

Jaco Oosthuizen, hoof van RSA-markagente, sê die vraag na varsprodukte wat mense se immuniteit bevorder, het wêreldwyd toegeneem en in Suid-Afrika kan dieselfde neiging gesien word.

Toe die tweede vlaag wêreldwyd begin het, het die pryse, wat baie laag in November 2020 was, weer begin styg danksy ’n groot verbruikersvraag.

Oosthuizen sê daar was reeds in Desember 2019 ’n styging in die vraag na gemmer, knoffel en suurlemoene toe daar aanduidings van ’n moontlike pandemie was.

In Suid-Afrika het die pryse verlede jaar tot in Julie en Augustus hoog gebly en begin daal in dieselfde tyd toe inperkingsmaatreëls plaaslik verslap is.

“Toe die tweede vlaag wêreldwyd begin het, het die pryse, wat baie laag in November 2020 was, weer begin styg danksy ’n groot verbruikersvraag,” sê hy.

Oosthuizen sê hy glo pryse sal in die komende sewe tot agt maande aanhou styg en dat dié stygings ooreen sal stem met huidige en toekomstige stygings in die voorkoms van Covid-19.

Oosthuizen voorspel dat pryse eers na normaal sal terugkeer wanneer inentingsprogramme geïmplementeer is.

Hy sê gemmer is die produk wat die meeste geraak word deur die voorkoms van die virus en die vraag na gemmer word onmiddellik gestimuleer wanneer dit bekend word dat mense siek word.

Food Lover’s Market in Welkom het Vrydag dié pryse vir knoffel en gemmer geadverteer, maar daar was geen gemmer beskikbaar nie. Foto: Alet van der Walt
Gemmeraanplantings word in die Laeveld tussen makadamianeutbome gedoen. Hier is werkers besig om gemmer te oes. Foto: verskaf
’n Gemmeraanplanting op die wenakker van ’n neutboomboord. Foto: Verskaf
Knoffelboere baat ook by die huidige vraag na produkte wat mense se immuniteit versterk. Foto: Verskaf

In Suid-Afrika word die meeste gemmer in Mpumalanga by Hazyview, Witrivier en Sabie geproduseer waar boere dit in boorde tussen neutbome plant.

Gemmer word deur die hele jaar geoes en Dries Bezuidenhout, ’n markagent van Botha Roodt se agentskap by die Tshwane-varsproduktemark in Pretoria, sê baie boere het nie verlede jaar genoeg gemmerknolle vir hul volgende aanplantings teruggehou nie en dit dra nou by tot die skaarste.

“Dis nie bewys dat gemmer werk nie, maar mense glo daarin,” sê hy.

Bezuidenhout sê mense gryp na boererate en die pryse is “mal”.

Kartonhouers gemmer, van 5 kg elk, het die afgelope week vir tot soveel as R1 500 verkoop.

Bezuidenhout sê knoffelpryse is ook hoog en verkoop teen R60 p/kg terwyl dit ’n paar jaar gelede skaars R10 p/kg gehaal het.

“Ek gun dit vir elke boer wat gemmer het,” sê hy.

Suurlemoenboere het effens minder gebaat by die groot vraag na ’n kuur teen die koronavirus, maar die prys van R13 p/kg is steeds heelwat hoër as normaalweg.

Gemmerboere verdien nou tot nege keer meer as in 2018 toe gemmer teen R30 p/kg verkoop is.

grafika
Grafika

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.